{"id":10202,"date":"2011-03-25T14:38:45","date_gmt":"2011-03-25T14:38:45","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=10202"},"modified":"2011-03-25T14:38:45","modified_gmt":"2011-03-25T14:38:45","slug":"watter-netwerk","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=10202","title":{"rendered":"Watter netwerk?"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">In &#8216;n post-revolusion\u00eare Egipte, waar hoop en verwarring daagliks in botsing is om &#8216;n nuwe samelewing te bou, het godsdiens as &#8216;n kragtige politieke krag na vore getree.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die opstand van Tahrirplein wat deur sekul\u00eare ideale ontbrand het, en gespog het met moderne tegnologiese onderskraging deur Twitter en Facebook, is deur &#8216;n baie ou godsdiens gekaap. Die Moslem-broederskap, &#8216;n eertydse verbode Islamitiese groep&nbsp; is aan die voorpunt daarvan, in stilswyende vennootskap met die milit\u00eare regering.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit is ook duidelik dat die jong, opgevoede sekul\u00eare aktiviste wat aanvanklik die rewolusie gedryf het nie langer enige invloed uitoefen nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">As die besgeorganiseerde en mees omvattende opposisiebeweging in Egipte, moes die Moslem-broederskap onvermydelik &#8216;n voorsprong in die stryd om invloed h\u00ea.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Die Broederskap is &#8216;n adres waarheen jy kan gaan om 100.000 mense van die straat af te kry,&#8221; s\u00ea Elijah Zarwan,&#8217; n senior ontleder by die <em>International Crisis Group<\/em>. Dit is waarom die weermag noue bande met die organisasie wat hulle eers verwerp het, gesmee het, meen Zarwan.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Ons is almal bekommerd,&#8221; s\u00ea Amr Koura, 55, &#8216;n televisie-regisseur, wat die menings van die sekul\u00eare minderheid huldig. &#8220;Die jong mense het geen beheer oor die rewolusie meer nie. Dit was duidelik in die laaste paar weke dat baie bebaarde mense beheer geneem het. Die jeug is weg.&#8221;<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">In die vroe\u00eb stadiums van die rewolusie, was die Broederskap huiwerig om oproepe vir betogings te maak. Dit was slegs nadat dit duidelik geraak het dat die protesbeweging momentum kry dat hulle ingeklim het. Die Broederskap hou &#8216;n lae profiel, as &#8216;n oorlewingsinstink geslyp gedurende dekades van onderdrukking deur die staat.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die vraag was of die Broederskap beheer sal neem met sy superieure organisatoriese struktuur. Dit blyk nou dit het.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Toe die nuwe premier, Essam Sharaf, die skare in Tahrir-plein di\u00e9 maand toegespreek het, was Mohamed el-Beltagi, &#8216;n prominente Broederskaplid aan sy sy. Nog &#8216;n lid is aangestel op die komitee wat wysigings aan die Grondwet voorstel.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p>In Egipte vrees inwoners dat hulle land sekul\u00ear sal word. In &#8216;n onlangse referendum het hulle oorweldigend &#8220;ja&#8221; gestem om &#8216;n Moslemland te wees. Daar is groeiende getuienis van die Broederskap se opkoms en die oorweldigende mag van Islam.<\/p>\n<p>Die ironie kan niemand ontgaan nie.<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/italiasvet.ru\/categories\/22-potolochnye-svetil-niki\">\u0441\u0432\u0435\u0442\u0438\u043b\u044c\u043d\u0438\u043a \u043a\u0443\u043f\u0438\u0442\u044c<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/www.segodnya.ua\/regions\/kharkov\/v-harkove-prokuratura-provodit-proverku-iz-za-ischeznoveniya-konfiskata-na-15-millionov-751497.html\">\u043f\u0440\u043e\u043a\u0443\u0440\u043e\u0440 \u0424\u0438\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>In &#8216;n post-revolusion\u00eare Egipte, waar hoop en verwarring daagliks in botsing is om &#8216;n nuwe samelewing te bou, het godsdiens as &#8216;n kragtige politieke krag na vore getree. Die opstand van Tahrirplein wat deur sekul\u00eare ideale ontbrand het, en gespog het met moderne tegnologiese onderskraging deur Twitter en Facebook, is deur &#8216;n baie ou godsdiens &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=10202\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Watter netwerk?&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[50],"tags":[],"class_list":["post-10202","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c33-hoofartikels"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/10202","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=10202"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/10202\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=10202"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=10202"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=10202"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}