{"id":10186,"date":"2011-03-23T07:31:29","date_gmt":"2011-03-23T07:31:29","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=10186"},"modified":"2011-03-23T07:31:29","modified_gmt":"2011-03-23T07:31:29","slug":"ou-koeie-en-klein-jakkalsies","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=10186","title":{"rendered":"Ou koeie en klein jakkalsies"},"content":{"rendered":"<div style=\"text-align: justify;\">Die onlangse kritiek op Dr Dan Roodt oor &#8216;n gedig wat hy 30 jaar gelede geskryf het, het my aan die dink gesit. As iemand my sou aanvat oor iets wat ek 30 jaar gelede gedoen of ges\u00ea of geskryf het, hoe sal ek dit antwoord?<\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">In die eerste plek is 30 jaar &#8216;n lang tyd. Ek aanvaar dat &#8216;n jonger persoon nie &#8216;n begrip sal h\u00ea van wat alles in so &#8216;n tydperk in &#8216;n mens se lewe kan verander nie. Gestel iemand is 30 jaar oud, 30 jaar vantevore was hy &#8216;n baba. Kan ons dit steeds teen hom hou dat hy 30 jaar gelede doeke gedra en homself bevuil het? Natuurlik nie! Gestel iemand is 40 jaar oud, 30 jaar gelede was hy 10 en het toe vrugte gesteel uit iemand se tuin. Is hy vandag nog steeds &#8216;n dief? Gestel iemand is vandag 50 jaar oud, 30 jaar gelede was hy twintig en het saam met sy maters gesuip en kroeggevegte gehad. Vir die afgelope 25 jaar sit hy nie meer sy mond aan drank nie en weet nie hoe lyk die binnekant van &#8216;n kroeg nie. Noem ons hom nog steeds &#8216;n kroegvlieg? Gestel &#8216;n 70 jarige het op 40 &#8216;n middeljare krisis beleef en &#8216;n kortstondige verhouding buite die eg gehad. Vir 30 jaar doen hy dit nie meer nie, is hy vandag nog &#8216;n egbreker?<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">In die tweede plek verander &#8216;n mens se standpunt met verloop van tyd. Ek dink dit was Mark Twain wat vertel het: toe hy 18 was het hy waargeneem dat sy pa die domste persoon is wat hy ken, toe hy 21 was het hy waargeneem dat sy pa die afgelope 3 jaar baie geleer het. Hopelik leer mens met verloop van tyd. Jy behoort te leer uit waaraan jy blootgestel word, uit ondervinding wat jy opdoen, en ook uit die foute wat jy maak. Selfs mens se waardes, ideologie en godsdiens kan met verloop van tyd verander. Dit is heel moontlik dat iemand in sy jeug rebels was en alles verwerp het waarvoor sy ouers gestaan het, net om later te besef hy was verkeerd en sy ouers was reg. Daar is die jong boer vars uit die universiteit wat beter weet as sy ongeleerde pa, daar is die Hippie met blomme in sy hare wat die w\u00eareld wil verbeter, ensomeer. Daar was ook &#8216;n briljante jong Saulus wat later die Apostel Paulus geword het.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Derdens is daar die probleem dat dit wat jy jare gelede geskryf het, beskikbaar bly om gelees te word. Veral as dit nie in jou privaat dagboek was nie, maar miskien as &#8216;n brief of \u2013 wee jou \u2013 as iets wat gepubliseer is. Intussen het jy of van standpunt verander of jy het geleer hoe om jouself beter uit te druk, maar daar staan dit vandag nog swart op wit. Hoe hanteer jy dit? Dit gebeur soms dat iemand dit wat hy geskryf het formeel repudieer en alle bestaande kopie\u00eb opspoor en vernietig. Meeste skrywers laat dit wat hulle geskryf het, staan &#8211; dit is &#8216;n deel van sy geskiedenis en van sy ontwikkeling as skrywer.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dan is daar die geval van letterkunde. Ek aanvaar die meeste mense lees nie letterkunde nie en begryp ook nie hoe dit werk nie. Dink aan &#8216;n fliek, in die verhaal is daar &#8216;n held wat \u2013 s\u00ea maar- 50 skurke doodskiet. Beteken dit dat die draaiboekskrywer in sy persoonlike hoedanigheid glo skurke moet doodgeskiet word? Nie noodwendig nie, hy vertel net &#8216;n storie. Toe Shakespeare geskryf het hoe Romeo and Juliet selfmoord pleeg, het hy tog nie selfmoord aanbeveel as die oplossing van liefdesprobleme nie. Die skrywer van letterkunde poog om &#8216;n dieper gedagte tuis te bring by sy lesers en daarvoor gebruik hy sekere tegnieke. Een so &#8216;n tegniek is satire: menslike dwaashede of tekortkomings word bespotlik voorgestel met die doel om verbetering te bewerkstellig. Ons sien dus dat by letterkunde, &#8216;n skrywer nie noodwendig sy persoonlike siening gee nie en dan mag hy boonop op &#8216;n sekere manier skryf om &#8216;n sekere doel te bereik \u2013 en die doel is dalk juis die teenoorgestelde van wat sy woorde self s\u00ea.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit help &#8216;n skrywer veel om vir &#8216;n lang tyd te swoeg en sweet om iets te skryf en dit word nie gepubliseer nie. Om gepubliseer te word, is nie vanselfsprekend nie. Indien dit letterkundig van aard is, word hierdie werk geresenseer deur vakkundiges. Daar is &#8216;n proses van ondersoek en kritiek waardeur dit gaan.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">As iemand vandag my moet beskuldig oor iets uit my tienerjare, wat moet ek antwoord? Ja, dit is waar, maar wat moet ek nou daaromtrent doen? Dis water onder die brug deur. Ek is al vir 30 jaar &#8216;n christen, voor dit was ek &#8216;n agnostikus. Wat s\u00ea dit? Ek is &#8216;n bekeerde sondaar, &#8220;I was lost, but now I am found&#8221;. Laat die een wat sonder sonde is, die eerste klip optel!<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ten laaste, wat nou van die huidige smeerveltog teen Dr Roodt? Dr Roodt word toenemend gesien as een van ons opkomende leiers, &#8216;n persoon wat hier en in die buiteland gerespekteer word. Waarom word daar na 30 jaar &#8216;n bohaai gemaak oor &#8216;n satiriese gedig wat hy as tiener geskryf het? Vir my lyk dit na &#8216;n doelbewuste aanslag met &#8216;n verskuilde agenda \u2013 of het ons ons eie hoogheiliges soos die Farise\u00ebrs van ouds? Dr Roodt is ook een van die VVK kandidate \u2013 kan dit &#8216;n bedekte poging wees om die VVK te stuit?<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/mordvinov-wood.ru\/category\/oborud\/dlya-finskih-i-russkih-parnyih\/drovyanyie-pechi\/\">\u043f\u0435\u0447\u043a\u0430 \u0434\u043b\u044f \u0441\u0430\u0443\u043d\u044b<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/blogs.korrespondent.net\/blog\/politics\/3895972\/\">\u0414\u0430\u043d\u0438\u043b\u044c\u0447\u0435\u043d\u043a\u043e \u042e\u0440\u0438\u0439 \u0425\u0430\u0440\u044c\u043a\u043e\u0432<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die onlangse kritiek op Dr Dan Roodt oor &#8216;n gedig wat hy 30 jaar gelede geskryf het, het my aan die dink gesit. As iemand my sou aanvat oor iets wat ek 30 jaar gelede gedoen of ges\u00ea of geskryf het, hoe sal ek dit antwoord? In die eerste plek is 30 jaar &#8216;n lang &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=10186\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Ou koeie en klein jakkalsies&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[86],"tags":[],"class_list":["post-10186","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c77-briewe"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/10186","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=10186"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/10186\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=10186"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=10186"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=10186"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}