{"id":10165,"date":"2011-03-18T06:26:21","date_gmt":"2011-03-18T06:26:21","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=10165"},"modified":"2011-03-18T06:26:21","modified_gmt":"2011-03-18T06:26:21","slug":"sasco-benadeel-tuksstudente","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=10165","title":{"rendered":"SASCO benadeel Tuksstudente"},"content":{"rendered":"<div style=\"text-align: justify;\">Die VF Plus op Tuks is van mening dat die optrede van SASCO in die studente-parlement tot nadeel van studente strek.  Die studente-parlement se termyn het reeds in Oktober 2010 begin maar SASCO het nog steeds nie portefeulje komitees vir die Verteenwoordigende Studenteraad (VSR) aangewys nie.  Hierdie proses moes reeds verlede jaar afgehandel gewees het.<\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hierdie is een van die hooffunksies wat deur die Studentegrondwet aan die parlement opgel\u00ea word.  Volgens mnr. Helgard Cronje, woordvoerder van die VF Plus op Tuks, is SASCO lede se optrede in die parlement &#8216;n direkte oorsaak van die probleem.  Hulle tekort aan respek vir die Speaker, vergaderingre\u00ebls en -prosedures en hulle aaneenlopende geredekawel oor sake waaroor hulle nie voldoende ingelig is nie, lei tot ernstige vertragings.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hierdie portefeuljekomitees is baie belangrik vir die VSR ten einde sy funksies suksesvol te kan verrig.  Sekere portefeuljes soos die &#8220;Internal and External Enterprises&#8221; portefeulje is veronderstel om uit die aangewese VSR lid en &#8216;n kommissie van ondersoek te bestaan.  Die doel van hierdie portefeulje is om die kospryse van die winkels op kampus, waar dagstudente hoofsaaklik kos koop, te ondersoek.  Dit is bekend onder die studente dat sekere produkte buitensporig duur is in vergelyking met ander winkels buite kampus.  Na die ondersoek moet die portefeulje aksie neem en voorstelle maak vir goedkoper alternatiewe.  Dit kan egter nie gebeur nie want die parlement kon nog nie daarin slaag om &#8216;n kommissie van ondersoek saam te stel nie.  Dit benadeel studente omdat goedkoper alternatiewe hierdeur nie vir hulle beskikbaar is nie.  Indien die vertragings voortduur in die studente-parlement, sal hierdie take nie afgehandel kan word voor die verstryking van die huidige VSR se termyn nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">SASCO is ook volgens mnr Cronj\u00e9 besig om die ANC se nasionale beleid op studente af te dwing.  SASCO maak die absurde eis dat die kampuskoerant, DIE PERDEBY, aan &#8216;n ombudsman of iets soortgelyk moet rapporteer.  &#8220;Hoe kan dit tot die voordeel van studente wees as net gesensorde nuus gevoer word?&#8221; vra Cronj\u00e9.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8216;n Lid van SASCO het ook in &#8216;n sitting verlede jaar &#8216;n parlementslid gedreig nadat sy nie met hom saamgestem het nie.  Hy het vir haar ges\u00ea sy &#8220;moet haar mond hou&#8221; en dat hy na die sitting buite die lokaal &#8220;verder met haar sal afreken&#8221;.  SASCO-lede het ook die Studente-dekaan by verskeie geleenthede in die studente-parlement uitgejou.  Dit was uiters laakbare optrede en tekenend van SASCO se destruktiewe disrespek teenoor enige vorm van gesag of struktuur.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">SASCO het volgens die VF Plus op Tuks nie die vaagste benul waarvoor hulle eintlik op die studente-parlement is nie.  Hulle optrede maak dit duidelik dat hulle nie daar is in die beste belang van die studente nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die VF Plus, of soos beter bekend op Tuks, JOU PA, s\u00ea hy sal aanhou baklei vir die studente en altyd hulle belange op die hart dra!<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/ds-dental.ru\/blog\">\u0431\u043e\u043b\u0435\u0437\u043d\u044c \u0434\u0435\u0441\u0435\u043d \u043d\u0430\u0437\u0432\u0430\u043d\u0438\u0435<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/strana.in.ua\/news\/other\/62806-pamyatnik-ivanu-sirko-popolnil-ryady-dostoprimechatelnostej-xarkova.html\">\u043b\u043e\u0431\u0430\u043d\u043e\u0432\u0441\u043a\u0438\u0439 \u043f\u043e\u043b\u0438\u0442\u0438\u043a<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die VF Plus op Tuks is van mening dat die optrede van SASCO in die studente-parlement tot nadeel van studente strek. Die studente-parlement se termyn het reeds in Oktober 2010 begin maar SASCO het nog steeds nie portefeulje komitees vir die Verteenwoordigende Studenteraad (VSR) aangewys nie. Hierdie proses moes reeds verlede jaar afgehandel gewees het. &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=10165\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;SASCO benadeel Tuksstudente&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[52],"tags":[],"class_list":["post-10165","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c36-afrikaanse-nuus"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/10165","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=10165"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/10165\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=10165"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=10165"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=10165"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}