{"id":10159,"date":"2011-03-17T12:12:29","date_gmt":"2011-03-17T12:12:29","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=10159"},"modified":"2011-03-17T12:12:29","modified_gmt":"2011-03-17T12:12:29","slug":"eers-die-palestyne-en-nou-beeld-wat-apartheid-teerkwas-swaai","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=10159","title":{"rendered":"Eers die Palestyne en nou Beeld wat &#8216;apartheid&#8217;-teerkwas swaai"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\"><img decoding=\"async\" src=\"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2007\/01\/roodt_dan4.jpg\" \/>Dis nie my gewoonte om vreeslik te reageer op menings in die koerante  van Nasionale Pers, soos Beeld, nie. Andriette Stofberg, &#8216;n  Beeld-redaksielid wat so pas aan kanker oorlede is, het eenkeer aan my  ges\u00ea: &#8220;Ek kan nie eens ons joernaliste kry om ander koerante te lees  nie, wat nog te s\u00ea boeke.&#8221;<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Soos FW de Klerk, wie se hele outobiografie nie &#8216;n enkele aanhaling  bevat nie &#8211; vir seker &#8216;n aanduiding dat hy nog nooit in sy lewe &#8216;n boek  gelees het nie &#8211; vermoed ek die gemiddelde hoofartikelskrywer in Beeld  lees ook nie graag boeke nie. Miskien lees hy of sy ander koerante,  veral die Engelse liberale koerante in di\u00e9 land wat nou ook al hoe meer  in die duister rondtas noudat die verwagte utopie wat hulle ons al die  jare belowe het maar net nie wil aanbreek nie. Maar &#8216;n agtergrond oor  die swart politiek en swart denke ontbreek byna geheel en al.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Seker die absurdste kommentaar oor die hele Jimmy Manyi-sage verskyn  in vandag se Beeld onder die opskrif: &#8220;Manyi hoort in die dae van ou  apartheid&#8221;. Daarby verskyn dan &#8216;n spotprent waar Manyi kastig die  &#8220;potloodtoets&#8221; op &#8216;n tou mense gaan doen om hulle op grond van hul ras  te klassifiseer.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Eers het die Palestyne die Israeli&#8217;s daarvan beskuldig dat hulle  &#8220;apartheid pleeg&#8221; en dat Israel &#8216;n sogenaamde &#8220;apartheidstaat&#8221; is. Nou  doen Beeld, &#8216;n koerant wat in die sewentiger- en tagtigerjare nog  bankvas agter die ou Nasionale Party en sy beleid van &#8220;afsonderlike  ontwikkeling&#8221; gestaan het, dit sommer ook! Die ironie is natuurlik dat  Beeld Manyi en by uitbreiding die ANC van &#8220;apartheid&#8221; beskuldig.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die ANC het as&#8217;t ware sy hele politieke loopbaan op die stigmatisering  en oordrywing van apartheid gebou. Dat Beeld, &#8216;n koerant met hoofsaaklik  blanke Afrikaanse lesers en, helaas, &#8216;n blanke Afrikaanse redakteur,  nou sulke kritiek teen Manyi uitspreek, is op sy minste lagwekkend. Ek  is seker die hele Luthuli-huis l\u00ea vanoggend soos hulle lag.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Beeld demonstreer met hierdie soort kinderlike na-apery van een of ander  agtergehaalde liberale begrip van &#8220;nie-rassigheid&#8221; &#8216;n verstommende  graad van onkunde en na\u00efwiteit. Onkunde, want oor die afgelope honderd  jaar en regdeur die w\u00eareld, het elke swart politikus van naam nog altyd  die belange van sy eie rassegroep bevorder. Dis so deel van swart  politiek soos om &#8216;n slagoffer te wees. Selfs Obama, wat sedert sy  Chicago-dae die blanke Amerikaanse meerderheid probeer pamperlang, het  erken dat hy dit as deel van sy presidensi\u00eble taak beskou &#8220;om die  probleme van Afro-Amerikaners aan te spreek&#8221;. In di\u00e9 opsig is Jimmy  Manyi se antiwit- en proswarthouding geensins &#8216;n uitsondering nie.  Vandaar ook die feit dat Trevor Manuel, die liefling van die  Suid-Afrikaanse media uit sy dae as minister van finansies, reeds die  politieke onderspit teenoor Manyi gedelf het.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die na\u00efwiteit van Beeld is daarin gele\u00eb dat die koerant meen dat hy hom  nou as &#8220;meer swart as die swartes&#8221; kan voordoen en begin om morele  lessies oor rassisme en &#8220;apartheid&#8221; uit te deel. Beeld, wat sedert sy  dae as sikofant van afsonderlike ontwikkeling tot die liberale  ontkenning van ras bekeer is, verreken eenvoudig nie die feit dat wit  skuld en masochisme juis &#8216;n w\u00eareldwye verskynsel is nie. Beeld het wit  skuld op hom geneem of is per definisie deelagtig daaraan, daarom mag hy  nie &#8216;n swartman soos Manyi van apartheid of rassisme beskuldig nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Tans lees ek &#8216;n briljante boek deur die Franse &#8220;nuwe filosoof&#8221;, Pascal  Bruckner. Die titel, vry uit Frans vertaal, lui: <em>Die tirannie van  skuld: opstel oor Westerse masochisme<\/em>. Iewers in die boek (bl. 35 vir  diegene wat Frans lees) laat Bruckner hom soos volg oor blankes uit: &#8220;Om  Europees gebore te wees, is om &#8216;n hele las van sondes en die aaklighede  op jouself te neem waarmee ons gebrandmerk is, dis om te erken dat die  blanke oral waar hy sy voet neergesit het verdriet en vernietiging  gesaai het. <em>Om as blanke te bestaan, is in die eerste plaas om om verskoning te vra<\/em>.&#8221;<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Met tipies Franse ironie verwoord Bruckner hier die wese van die hele  probleem. Want deur Manyi van &#8220;apartheid&#8221; te beskuldig, is Beeld ook  eintlik besig om sy blanke skuld te bely, dat die redaksie van die  koerant die swart of links-liberale stereotipe van &#8220;apartheid as  benadeling van die swartman&#8221; soos &#8216;n godsdiens aangeneem het. Beeld, wat  in die verlede apartheid in sy latere federale en hervormende  inkarnasie ondersteun het, is nou &#8220;wedergebore&#8221; en kan daarom met die  ywer van die pasbekeerde vir Manyi van apartheid beskuldig. Totdat Beeld  van sy skuldkompleks ontslae raak, gaan enige argument wat die koerant  aanbied, eenvoudig soos water van &#8216;n eend se rug afloop.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die uitdaging van die potloodtoets gaan ook nie ver kom nie. Daar  bestaan vandag baie beter maniere om mense se genetiese of rasse-afkoms  te bepaal, onder meer deur DNS-toetse. &#8216;n Jaar of twee gelede het &#8216;n  Nederlandse TV-span wat met &#8216;n program oor Darwin besig was &#8216;n onderhoud  met my gevoer en ook vooraf &#8216;n monster van my DNS geneem. Voor die  kameras moes ek die koevert met my mitochondriale DNS en  Y-chromosoom-inligting oopmaak. Waarskynlik het die Nederlandse TV-span  en die liberale Amerikaanse genetikus wat die betekenis daarvan aan my  verduidelik het, gehoop dat ek iewers &#8220;gekleurde bloed&#8221; sou h\u00ea. Helaas  stam ek uit Noord- en Sentraal-Europa af en is ek dus vir alle praktiese  doeleindes tot in aller ewigheid deel van die &#8220;skuldige blankes&#8221;. My  kinders gaan nooit vir regstellende aksie kwalifiseer nie en  slagofferskap is my nie beskore nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Niks verhoed die ANC om, indien daar twyfel oor mense se ras of afkoms  bestaan, te begin om DNS-toetse op die Suid-Afrikaanse bevolking uit te  voer nie. Tot dusver het dit glad nie nodig geblyk nie, want elkeen in  Suid-Afrika is erg bewus van sy eie ras en klassifiseer homself met  besondere akkuraatheid as swart, wit, bruin of Indi\u00ebr. Selfs die  aartsliberale mev. Helen Zille, &#8216;n voormalige lid van die Black Sash en  die Progressiewe Party, sal geredelik erken dat sy &#8216;n blanke is.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Daar is n\u00earens ter w\u00eareld &#8216;n voorbeeld van &#8216;n swart bevolking wat nie op  voorkeurbehandeling aandring as dit kom by mededinging met blankes vir  poste, befondsing of opvoedkundige geleenthede nie. As Beeld se  hoofartikelskrywer die moeite gedoen het om oor rasseverhoudinge in  ander lande op te lees, sou hy of sy onmiddellik van hierdie eenvoudige  waarheid bewus geraak het.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Solank as wat ons blankes onsself as skuldig aan politieke erfsonde  beskou, is dit ook sinloos om op gelyke behandeling aan te dring. Dis  bloot logies dat mense wat oor &#8216;n morele &#8220;smet&#8221; of &#8220;gebrek&#8221; beskik, nie  op gelyke behandeling m\u00e1g aandring nie. Die kleurlinge is natuurlik &#8216;n  spesiale geval, synde n\u00f3g swart, n\u00f3g wit. Maar die blote feit dat die  kleurlinge in die Wes-Kaap die DA aan bewind hou, is seker genoeg om  hulle as behorende tot &#8220;die wit kamp&#8221; te beskou, wat Manyi ook dan  gedoen het. Ons het aanvaar dat demografie in hierdie land feitlik alle  politieke uitkomste bepaal en daarom was Manyi nie so ver verkeerd toe  hy die kleurlinge van die Wes-Kaap met swart demografie begin dreig het  nie. Totdat ons demokrasie of politieke mag as iets begin sien wat nie  noodwendig deur demografie bepaal moet word nie, gaan ons teen swart  nasionaliste nie veel hond haaraf maak nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ons sal die wortel van die probleem moet aanspreek en nie langer  drogredenasies oor &#8220;nie-rassigheid&#8221; soos &#8216;n kinderlike resitasie ops\u00ea  nie.<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/nyf.com.ua\/devochki-94\/letnjaja-odezhda\/shorty\">\u0448\u043e\u0440\u0442\u044b \u0434\u043b\u044f \u0434\u0435\u0432\u043e\u0447\u0435\u043a \u043f\u043e\u0434\u0440\u043e\u0441\u0442\u043a\u043e\u0432<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/inforesist.org\/shokin-uvolil-prokurora-xarkova\/\">\u041e\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u0424\u0456\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u043f\u0440\u043e\u043a\u0443\u0440\u043e\u0440<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Dis nie my gewoonte om vreeslik te reageer op menings in die koerante van Nasionale Pers, soos Beeld, nie. Andriette Stofberg, &#8216;n Beeld-redaksielid wat so pas aan kanker oorlede is, het eenkeer aan my ges\u00ea: &#8220;Ek kan nie eens ons joernaliste kry om ander koerante te lees nie, wat nog te s\u00ea boeke.&#8221; Soos FW &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=10159\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Eers die Palestyne en nou Beeld wat &#8216;apartheid&#8217;-teerkwas swaai&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":56,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[41],"tags":[],"class_list":["post-10159","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-c22-dan-roodt"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/10159","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=10159"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/10159\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/56"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=10159"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=10159"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=10159"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}