{"id":10157,"date":"2011-03-17T03:43:28","date_gmt":"2011-03-17T03:43:28","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=10157"},"modified":"2011-03-17T03:43:28","modified_gmt":"2011-03-17T03:43:28","slug":"nuwe-grand-cherokee-is-baie-meer-grand","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=10157","title":{"rendered":"Nuwe Grand Cherokee is baie meer Grand"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\"><img decoding=\"async\" class=\"caption\" title=\"Die Jeep Grand Cherokee\" alt=\"Jeep Grand Cherokee\" src=\"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2011\/03\/jeep%20grand%20cherokee.jpg\" width=\"251\" \/>Jeep Suid-Afrika het \u2018n groot waarskuwing gerig aan al die vernaamste spelers in die groot sportnutsvoertuigmark. As julle nie weet waar presies dit is nie, wel dit is nou in alfabetiese volgorde: die Audi Q7, BMW X5, Land Rover Discovery,Mercedes ML, Mitsubishi Pajero, Toyota Prado, VW Touareg en Volvo XC90. Nogal \u2018n mond vol swaargewigte wat Jeep hier aanvat. Die splinternuwe Jeep Grand Cherokee is nie net groter, bre\u00ebr en ho\u00ebr nie,maar nog luukser en heelwat meer vaardig in die veld.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\"><img decoding=\"async\" class=\"caption\" title=\"Die Jeep Grand Cherokee van agter\" alt=\"Jeep van agter\" src=\"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2011\/03\/jeep%20grand%20cherokee%20agter.jpg\" width=\"251\" \/>Nuwe tegnologie wat ingespan word, is dinge soos \u2018n geslotelugveringstelsel (Quadra Lift) wat die voertuig  vanaf \u2018n normale ryhoogte van 205mm tot by \u2018n baie ho\u00eb 270mm kan laat oplig. Daar is ook nou soos in die Discovery en Prado \u2018n stelsel wat maklik met die draai van \u2018n knoppie die onderstel en aandrywing aanpas by die omliggende gebied. Jeep noem dit die Selec Terain-stelsel. Die stelsel bied vyf verstellings naamlik \u201cPark Mode\u201d waar die voertuig 40mm laer as die ryhoogte is om maklike toegang tot die voertuig te verseker, asook \u201cAero Mode\u201d wat 15 mm laer as die 205mm \u201cNormal Ride Height\u201d-hoogte is. Die \u201cOff Road I\u201d is 33 mm ho\u00ebr as die normale ryhoogte en die \u201cOff Road II\u201d is \u2018n volle 65mm ho\u00ebr as ryhoogte. Die knop wat jy draai om die verstelling te maak is maklik gemerk met \u201cSport\u201d, \u201cSnow\u201d, \u201cAuto\u201d, \u201cSand\/Mud\u201d en \u201cRock\u201d. Elkeen van die verstellings sal die voertuig aanpas namate die oppervlakte en gebied waar die voertuig beweeg; die bestuurder moet net kyk hoe lyk die pad en die knop draai tot waar hy dink dit sal werk.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Daar is ook elektroniese stabaliteitsbeheer wat sorg dat die Jeep altyd stabiel is en dan ook die ryhoogte aanpas by die omstandighede en spoed waarteen die voertuig ry. Die stelsel sluit ook goed in soos sleepwaswaaibeheer en hulp wanneer daar teen \u2018n helling weggetrek moet word en die padoppervlakte glad is. Dit alles is stelsels onder die vel van die nuwe Jeep Grand Cherokee.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die binneruim bevat veranderings wat ook met &#8216;n handomkeer van die vorige model verskil. Die tipiese Amerikaanse stilering met lelike plastiek en harde oppervlaktes het plek gemaak vir regte hout en leerafwerking. Luukses soos \u2018n 30 Gg-hardeskyf met \u2018n 9-luidsprekerradio en raakskerm vir die navigasiestelsel is nou standaard. Inteendeel, daar is niks wat nie standaard is nie. Jy sal nie nodig h\u00ea om enige opsionele toerusting te bestel nie, in teenstelling met sommige ander vervaardigers.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\"><img decoding=\"async\" class=\"caption\" title=\"Die sy-aansig van die Jeep Grand Cherokee\" alt=\"Jeep Grand Cherokee sy-aansig\" src=\"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2011\/03\/jeep%20grand%20cherokee%20syprofiel.jpg\" width=\"251\" \/>Daar is twee afwerkings beskikbaar, die Limited en die Overland. Die Overland is die luukser model met geventileerde sitplekke wat nie bekikbaar is in die Limited nie. Daar is ook twee enjins bekikbaar in die Grand Chrokee-reeks. Die eerste is die 3,6 liter V6-petrol wat 210 Kw en 347 Nm se wringkrag ontwikkel. Hierdie syfers is 38% hoer as in die vorige model. Met meer krag sou \u2018n mens dink die Jeep sou minder ekonomies wees, maar Jeep s\u00ea daar is \u2018n 10%-verbetering in brandstofverbruik. Die ander enjin in die reeks is die 5,7 liter V8-petroleenheid. Die enjin ontwikkel 259 Kw en 520 Nm wringkrag. Jeep reken die voertuig sal gemaklik 3500 kg kan sleep. Die ongelooflike tegnologie wat hier ingespan word noem Jeep \u201cMDS\u201d (Multi Displacement System). Hierdie stelsel verander die monster-V8 in \u2018n heel skaflike 4-silinder wat suinig met die voggies werk wanneer daar getoer word. Wanneer jy die krag nodig het, trap jy eenvoudig net die vesneller en al 8 silinders skop behoorlik in om die situasie aan te spreek.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die nuwe Grand Cherokee het ook sleutellose toegang en net \u2018n knop wat gedruk kan word om die enjin aan te skakel, dit is nou te s\u00ea as jy die sleutel in jou broeksak het.  Veiligheid is ook nou aangespreek en die nuwe Grand spog met SMARTBEAM-hoofligte wat self na die dompverstelling skakel indien daar verkeer van voor kom en jou ligte hulle moontlik kan veblind. Die hoofligte verstel ook outomaties om by die ryhoogte van die voertuig aan te pas. Daar is vyf sitplekke in die Jeep met die agterste drie wat gelyk plat kan vou om die laairuim nog ruimer te maak.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die nuwe Jeep Grand Cherokee is beslis baie goeie waarde vir geld, veral as \u2018n mens in ag neem dat niks opsioneel is nie en dat jy baie meer moet uithaal vir enige van die ander voertuie in die klas.  Dan het jy ook nog nie al die toerusting wat die Jeep bied nie. Pryse wissel vanaf R531 990 vir die intree-V6 Limited tot R637 990 vir die grootboet-Hemi 5,7 V8 Overland.<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/99spravok.ru\/medicinskaya-spravka-o-beremennosti\">\u043e\u0444\u043e\u0440\u043c\u0438\u0442\u044c \u0441\u043f\u0440\u0430\u0432\u043a\u0443<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/glavnoe.ua\/news\/n214753\">\u0424\u0438\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u043f\u0440\u043e\u043a\u0443\u0440\u043e\u0440<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Jeep Suid-Afrika het \u2018n groot waarskuwing gerig aan al die vernaamste spelers in die groot sportnutsvoertuigmark. As julle nie weet waar presies dit is nie, wel dit is nou in alfabetiese volgorde: die Audi Q7, BMW X5, Land Rover Discovery,Mercedes ML, Mitsubishi Pajero, Toyota Prado, VW Touareg en Volvo XC90. Nogal \u2018n mond vol swaargewigte [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":10154,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[101],"tags":[],"class_list":["post-10157","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-c92-motornuus"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/10157","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=10157"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/10157\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/10154"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=10157"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=10157"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=10157"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}