{"id":10144,"date":"2011-03-16T06:27:36","date_gmt":"2011-03-16T06:27:36","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=10144"},"modified":"2011-03-16T06:27:36","modified_gmt":"2011-03-16T06:27:36","slug":"die-wereld-wag-in-spanning","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=10144","title":{"rendered":"Die w\u00eareld wag in spanning"},"content":{"rendered":"<div style=\"text-align: justify;\">Nie net het die onrus in die Persiese Golf kommer laat ontstaan dat die w\u00eareld se olietoevoerroetes in gedrang kan kom nie, die aardbewing in Japan wat &#8216;n reeks kernkragsentrales toegemaak het, het ook &#8216;n verlammende effek. Japan, die w\u00eareld se derde grootste industri\u00eble ekonomie maak op Golfolie sowel as kernkrag staat.<\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die land is egter geheel en al sonder minerale hulpbronne en moet elke metaal en die energie om dit te verwerk, invoer. Vanselfsprekend hou die land voorraad aan van wat hulle nodig het, maar as dit opraak, hou Japan op om &#8216;n industri\u00eble mag te wees, kort en klaar.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Japan voer metale van verskillende bronne in, maar olie slegs uit die Persiese Golf en dit is, soos die afgelope weke getoon het, &#8216;n kwesbare bron. Spanning tussen Iran en Saoedi-Arabi\u00eb, asook die VSA, kan verdoemende gevolge h\u00ea vir volgehoue olietoevoer. Die bepalende faktor is natuurlik die Golf se besonderse geografie: Die nou kanaal bekend as die Straat van Hormuz. As daardie klein kanaaltjie sluit, is dit nag vir die w\u00eareldekonomie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Vir Japan sal dit meer as ho\u00ebr pryse beteken. Dit kan beteken dat olie net eenvoudig nie bekombaar is nie, selfs nie teen enige prys nie. Dit sal noodlottig wees vir Japan se ekonomie. Om nie van die globale ekonomie te praat nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Toe die Golfstate in 1973 &#8216;n olie-embargo uitgeroep het, het Japan dieselfde dilemma gehad. Omdat die land aangewese was op die VSA om hulle olietoevoer te beskerm, het die besef dat Amerika dit nie kan waarborg nie, &#8216;n politieke sowel as ekonomiese krisis geskep. Die olieskok het Japannese laat besef hoe kwesbaar hulle is, want hulle voer 100% van hulle olie in.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Om die skok wat &#8216;n oliedroogte kan veroorsaak te versag, voer hulle steenkool in en het Japan in kernkrag bel\u00ea. Die eiland is die w\u00eareld se grootste invoerder van oorsese steenkool en die derde groostste produsent van kernkrag, net n\u00e1 die VSA en Frankryk. &#8216;n Derde van Japan se elektrisiteit kom van kernkrag. Daarom is Australi\u00eb &#8216;n onontbeerlike vennoot vir Japan, vanwe\u00eb die steenkool en uraan wat hulle verskaf.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Tweede W\u00eareldoorlog het ook met &#8216;n energiekrisis begin. Die Japannese het China binnegeval en na die val van Nederland en Frankryk in Indonesi\u00eb en Indochina onderskeidelik, was Japan bekommerd oor tin, rubber en olie-invoere. Om Japan se olietoevoer af te sny nadat hulle Indochina ingeval het, het die VSA al die olie van Indonesi\u00eb opgekoop. Die Japannese het totale ekonomiese ineenstorting in die gesig gestaar en besluit dat hulle sal moet optree. Pearl Harbour was die noodlottige uitvloeisel daarvan.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit is nog nie duidelik hoe ernstig die kernkrisis is nie, maar die vooruitsigte lyk al hoe donkerder. Olieprobleme in die Golf, verlies aan kernkrag en radio-aktiewe uitstraling vanwe\u00eb &#8216;n beskadigde kernkragsentrale, kan die Japannese volk knak. Kernkrag was Japan se veiligheidsnet en dis weg.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die kwesbaarheid van die land is blootgel\u00ea: Japan beheer nie sy energiebronne of die toevoerroetes daarvan nie. En die aarde se wipspelturigheid het di\u00e9 keer nie saamgespeel nie. Die vraag is nou hoe die politieke stelsel daarmee gaan handel. Die w\u00eareld wag in spanning&#8230;<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/italiasvet.ru\/novosti\/8-svetilniki-dlya-aktsentnogo\">\u0441\u0432\u0435\u0442\u0438\u043b\u044c\u043d\u0438\u043a \u0430\u043a\u0446\u0435\u043d\u0442\u043d\u043e\u0433\u043e \u043e\u0441\u0432\u0435\u0449\u0435\u043d\u0438\u044f<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/allsjcam.ru\/object\/mezhdunarodnaja-dostavka-topcargo\">\u0442\u043e\u043f\u043a\u0430\u0440\u0433\u043e \u0440\u0430\u0437\u0432\u043e\u0434<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Nie net het die onrus in die Persiese Golf kommer laat ontstaan dat die w\u00eareld se olietoevoerroetes in gedrang kan kom nie, die aardbewing in Japan wat &#8216;n reeks kernkragsentrales toegemaak het, het ook &#8216;n verlammende effek. Japan, die w\u00eareld se derde grootste industri\u00eble ekonomie maak op Golfolie sowel as kernkrag staat. Die land is &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=10144\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Die w\u00eareld wag in spanning&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[50],"tags":[],"class_list":["post-10144","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c33-hoofartikels"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/10144","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=10144"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/10144\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=10144"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=10144"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=10144"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}