{"id":10129,"date":"2011-03-14T05:08:07","date_gmt":"2011-03-14T05:08:07","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=10129"},"modified":"2011-03-14T05:08:07","modified_gmt":"2011-03-14T05:08:07","slug":"is-radioaktiewe-materiaal-in-japan-vrygestel","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=10129","title":{"rendered":"Is radioaktiewe materiaal in Japan vrygestel?"},"content":{"rendered":"<div style=\"text-align: justify;\">Japan se Kern- en&nbsp; Industri\u00eble waghond (KIVA) het op 12 Maart verklaar dat die ontploffing by die Nommer 1 Fukushima Daiichi-kernkragsentrale net veroorsaak kon gewees het deur &#8216;n ineenstorting van die reaktorkern, het die Japannese Nikkeidagblad berig. Hierdie stelling is in stryd met die Japannese kabinetsekretaris Yukio Edano se kommentaar vroe\u00ebr, waarin hy ges\u00ea het: &#8220;die mure van die gebou waarin die reaktor gehuisves word, is vernietig, wat beteken dat die metaalvoering van die reaktor nie ontplof het nie.&#8221;<\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">KIVA se verklaring is belangrik omdat dit die regeringagentskap is wat verslae aan die Buro vir Natuurlike Hulpbronne en Energie in die ministerie van Ekonomie, Handel en Nywerheid skryf. KIVA werk saam met die Atoomenergiekommissie. Sy rol is di\u00e9 van toesighouer in die bedryf en die agentskap is verantwoordelik vir die afteken van onder meer konstruksieplanne vir nuwe aanlegte. KIVA is reeds gekritiseer vir die goedkeuring van die kernaanlegte op geologiese breuklyne en vir &#8216;n beweerde konflik van belange in die regulering van die kernsektor. Dit was KIVA wat die opening van die klep gelas het om druk vry te laat &#8211; en dus na bewering kernuitstraling &#8211; vanuit die Fukushimakragstasie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">KIVA was ook in beheer van die regering se kommunikasie oor die kernreaktorprobleme na afloop van die Tohoku-aardbewing en tsoenami. Dit is moeilik om te bepaal of die KIVA-verklaring akkuraat is, as die Nikkeiverslag nie bevestig word nie.&nbsp; Dit is ook nie duidelik uit die konteks of KIVA die gevolgtrekkings van &#8216;n amptelike assessering weergee nie, of bloot &#8216;n verklaring gemaak het nie. Maar die Tokyo Electric Power Co (TEPCO), die operateur van die Fukushima-kernaanleg, het ook ges\u00ea dat alhoewel druk verlig word, kernbrandstof wel gesmelt het en dat verdere optrede nodig is om die druk te beheer.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">As hierdie verslag akkuraat is, is dit nie die eerste keer dat verklarings van KIVA en Edano verskil nie. Terwyl Edano vroe\u00ebr beweer het dat die bestralingsvlakke gedaal het op die terrein na drukontladingspogings, s\u00ea KIVA die druk het toegeneem as gevolg van die vrystelling van radioaktiewe dampe.<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/avto-mechanic.ru\/catalog\/diagnosticheskoe_oborudovanie\/\">\u0434\u0438\u0430\u0433\u043d\u043e\u0441\u0442\u0438\u043a\u0430 \u0434\u043b\u044f \u0430\u0432\u0442\u043e<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/avonua.ru\/object\/transportirovka-komplektnogo-gruza-topcargo\">topcargo<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Japan se Kern- en&nbsp; Industri\u00eble waghond (KIVA) het op 12 Maart verklaar dat die ontploffing by die Nommer 1 Fukushima Daiichi-kernkragsentrale net veroorsaak kon gewees het deur &#8216;n ineenstorting van die reaktorkern, het die Japannese Nikkeidagblad berig. Hierdie stelling is in stryd met die Japannese kabinetsekretaris Yukio Edano se kommentaar vroe\u00ebr, waarin hy ges\u00ea het: &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=10129\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Is radioaktiewe materiaal in Japan vrygestel?&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[53],"tags":[],"class_list":["post-10129","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-nternasionale-nuus"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/10129","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=10129"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/10129\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=10129"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=10129"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=10129"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}