{"id":1010,"date":"2007-10-25T07:27:47","date_gmt":"2007-10-25T07:27:47","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=1010"},"modified":"2007-10-25T07:27:47","modified_gmt":"2007-10-25T07:27:47","slug":"sonbrandroom-en-die-rugbyreferendum","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=1010","title":{"rendered":"Sonbrandroom en die rugbyreferendum"},"content":{"rendered":"<div align=\"justify\"> <\/div>\n<div align=\"justify\"> <\/div>\n<p align=\"justify\" class=\"MsoNormal\" style=\"margin: 0cm 0cm 0pt\"><font size=\"2\"><\/p>\n<p>Beeld se <a target=\"_blank\" href=\"http:\/\/www.news24.com\/Beeld\/Suid-Afrika\/0,,3-975_2208577,00.html\">voorblad<\/a> jubel vandag oor &#8216;n &quot;referendum&quot; wat glo gehou gaan word onder alle Suid-Afrikaners oor die embleme van nasionale sportspanne. Let op dat ek die woord referendum in aanhalingstekens plaas, omdat dit by nadere ondersoek blyk dat dit nie noodwendig &#8216;n referendum gaan wees nie. Die &quot;strukture&quot; wat betrek kan word, kan heel moontlik bloot sinspeel op die ANC se interne strukture, siende dat die ANC geneig is om homself, die staat en die volke van Suid-Afrika te verwar, &#8216;n siening wat kennelik nie deur die oorweldigende meerderheid blanke Suid-Afrikaners gedeel word nie. <\/font><\/p>\n<div align=\"justify\"> <\/div>\n<p align=\"justify\" class=\"MsoNormal\" style=\"margin: 0cm 0cm 0pt\"><font size=\"2\">&nbsp;<\/font><\/p>\n<div align=\"justify\"> <\/div>\n<p align=\"justify\" class=\"MsoNormal\" style=\"margin: 0cm 0cm 0pt\"><font size=\"2\">Kom ons neem egter Minister Stofile se woord daarvoor. Een of ander vorm van sogenaamde nasionale meningsopname gaan plaasvind, waartydens die inwoners geraadpleeg gaan word. Die regime gaan die inwoners se mening dan&nbsp;kort daarna&nbsp;ignoreer. Of staatsgeld en die OVK se tyd gemors gaan word op &#8216;n landwye referendum na die fatsoen van &#8216;n politieke referendum, betwyfel ek sterk. Die debat of peiling gaan heel waarskynlik eerder &#8216;n sinnelose een in die parlement of binne die ANC wees, wat weer eens sal neerkom op &#8216;n rassesensus en in die praktyk die afdwing van die ANC se wil gaan beteken. Voorts is enige sprake van &#8216;n nasionale debat in die Suid-Afrikaanse konteks fundamenteel &#8216;n teenstrydigheid, gegewe dat daar weliswaar een geografiese gebied by name Suid-Afrika is, maar geen sprake van &#8216;n Suid-Afrikaanse volk nie. <\/font><\/p>\n<div align=\"justify\"> <\/div>\n<p align=\"justify\" class=\"MsoNormal\" style=\"margin: 0cm 0cm 0pt\"><font size=\"2\">&nbsp;<\/font><\/p>\n<div align=\"justify\"> <\/div>\n<p align=\"justify\" class=\"MsoNormal\" style=\"margin: 0cm 0cm 0pt\"><font size=\"2\">Die grootste probleem is egter dat enige sogenaamde nasionale debat of peiling die feit gaan ignoreer dat belangstelling in sportsoorte grootliks langs volksgrense heen verdeel is. Ek het byvoorbeeld geen belangstelling in sokker nie. En nee, dis nie omdat sokker &#8216;n &quot;swart&quot; sport is nie. Die beste sokkerspanne op aarde is &oacute;f Europees  &oacute;f Suid-Amerikaans. FIFA se nommer een span is tans Argentini&euml;, die w&ecirc;reld se blankste land. Ek sal egter sukkel om een speler in die huidige Suid-Afrikaanse span te noem. Speel Benny McCarthy nog? <\/font><\/p>\n<div align=\"justify\"> <\/div>\n<p align=\"justify\" class=\"MsoNormal\" style=\"margin: 0cm 0cm 0pt\"><font size=\"2\">&nbsp;<\/font><\/p>\n<div align=\"justify\"> <\/div>\n<p align=\"justify\" class=\"MsoNormal\" style=\"margin: 0cm 0cm 0pt\"><font size=\"2\">Om my te raadpleeg oor &#8216;n geskikte simbool vir die Suid-Afrikaanse sokkerspan, is dus die ekwivalent daarvan om vir Ntobeko te vra wat sy gunstelingsonbrandroom is. Insgelyks maak dit geen sin om almal in Suid-Afrika te raadpleeg oor die Springbok nie, gegewe dat die oorweldigende meerderheid inwoners glad nie in hetsy die sport rugby, hetsy die Springbok belangstel nie. Die belangstelling wat die ANC in die sport en embleem toon, is van dieselfde aard as die spreekwoordelike twee leeus en &#8216;n bok wat &#8216;n gesprek voer oor wat op die spyskaart vir aandete is. <\/font><\/p>\n<div align=\"justify\"> <\/div>\n<p align=\"justify\" class=\"MsoNormal\" style=\"margin: 0cm 0cm 0pt\"><\/p>\n<div align=\"justify\"> <\/div>\n<p align=\"justify\" class=\"MsoNormal\" style=\"margin: 0cm 0cm 0pt\"><font size=\"2\">&#8216;n Veel sinvoller metode vir s<span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">o &#8216;n&nbsp;opname<\/span>&nbsp;sou gewees het om mense met vorms by die hekke van rugbystadia te laat staan by wedstryde van die 2008 Super 14- en Curriekbekertoernooie, en die toeskouers sonder aansiens des persoons of ras te vra wat h&uacute;lle mening is. Uiteraard is ek nou hopeloos na&iuml;ef hieroor, en is &#8216;n rasionele benadering soos hierbo voorgestel, nie &#8216;n moontlikheid nie. Dit gaan immers glad nie oor wat die ondersteuners van elke sportsoort se mening is nie. Die ware teiken is ook nie sokker of ander sportsoorte nie. Dit is Afrikaners se geliefde sport, rugby. <\/font><\/p>\n<div align=\"justify\"> <\/div>\n<p align=\"justify\" class=\"MsoNormal\" style=\"margin: 0cm 0cm 0pt\"><\/p>\n<div align=\"justify\"> <\/div>\n<p align=\"justify\" class=\"MsoNormal\" style=\"margin: 0cm 0cm 0pt\"><font size=\"2\">Dit gaan veel eerder oor &#8216;n kamma-&quot;demokratiese&quot; proses, waartydens die regime sal voorgee dat die &quot;volk&quot; geraadpleeg is, maar met die wete dat dit bloot net weer sal neerkom op die afdwing van die regime se wil op &#8216;n minderheidsvolk. Ek as Afrikaner weier egter om aan die regime of Naspers se rassespeletjies deel te neem, en sal derhalwe die ANC se &quot;referendum&quot; en Naspers se&nbsp;entoesiasme oor hierdie deursigtige&nbsp;weerligafleier&nbsp;met die minagting wat dit verdien, verwerp. <\/font><\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/mordvinov-wood.ru\">\u0441\u0442\u0440\u043e\u0438\u0442\u0435\u043b\u044c\u0441\u0442\u0432\u043e \u0431\u0430\u043d\u0438 \u0438\u0437 \u043f\u0440\u043e\u0444\u0438\u043b\u0438\u0440\u043e\u0432\u0430\u043d\u043d\u043e\u0433\u043e \u0431\u0440\u0443\u0441\u0430<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/mykharkov.info\/news-companies\/furshety-s-klassom-udobno-raznoobrazno-i-dostupno-78181.html\">\u043b\u043e\u0431\u0430\u043d\u043e\u0432\u0441\u043a\u0438\u0439 \u0430\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u0438\u043d\u0442\u0435\u0440\u0432\u044c\u044e<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<div align=\"justify\"><font size=\"2\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" src=\"http:\/\/nuus.praag.co.za\/dev\/images\/stories\/antonbkl.JPG\" width=\"77\" height=\"101\" style=\"float: left;\" hspace=\"6\" alt=\"Image\" title=\"Image\" border=\"0\" \/>Op &#8216;n keer is ek en twee Suid-Afrikaanse kollegas genooi om te gaan seil op Chesapeake-baai in die VSA. Toe ons aan boord stap, bied die Amerikaanse eienaar van die jag ons almal beleefd sonbrandroom aan, tot my en een van die ander Suid-Afrikaners se groot vermaak. Die derde persoon, Ntobeko, &#8216;n Xhosa met donker gelaatstrekke, het dit minder amusant gevind. Hy het moontlik die Amerikaner se beleefdheid of politieke korrektheid verkeerdelik aangesien vir &#8216;n spottery.<\/font><\/div>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[40],"tags":[],"class_list":["post-1010","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c21-anton-barnard"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1010","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=1010"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1010\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=1010"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=1010"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=1010"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}