{"id":10065,"date":"2011-03-01T06:21:13","date_gmt":"2011-03-01T06:21:13","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=10065"},"modified":"2011-03-01T06:21:13","modified_gmt":"2011-03-01T06:21:13","slug":"umalusi-nog-nie-duidelik-nie","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=10065","title":{"rendered":"Umalusi nog nie duidelik nie"},"content":{"rendered":"<div style=\"text-align: justify;\">&#8220;Die VF Plus het die Umalusi-verslag bestudeer en bevind dat baie van die vrae wat die party gehad het rakende anomalie\u00eb wat op grondvlak plaasgevind het ten opsigte van die 2010-matriekpunte, nog nie beantwoord is nie. Die verslag dui op die oog af op geen onre\u00eblmatighede aan Umalusi se kant nie, maar los sekere raaisels nie op nie,&#8221; het adv. Anton Alberts, VF Plus-parlement\u00eare woordvoerder oor basiese onderwys, ges\u00ea nadat die party inligting gekry het van sekere skole rakende punteverstellings wat problematies blyk te wees en wat steeds nie deur die verslag verduidelik word nie.<\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die belangrikste kwessies wat, onder andere, nie deur die verslag verklaar word nie is as volg:<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">1.      Op &#8216;n makrovlak, die rede waarom 2010 se matrieks so &#8216;n ho\u00eb slaagsyfer het wat duidelik nie korreleer met die vorige jare s&#8217;n nie. Umalusi het aangedui dat hulle nie aanpassings op &#8216;n globale skaal maak nie, maar wel per vak op &#8216;n nasionale vlak. Hoe die per-vak-aanpassings gesamentlik tot &#8216;n ho\u00ebr slaagsyfer gelei het is nie deur Umalusi ondersoek of verduidelik nie en bly &#8216;n raaisel.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">2.      Op &#8216;n mikrovlak, waarom sekere skole in dieselfde area &#8216;n geweldige styging in slaagsyfers getoon het terwyl andere staties gebly of gesak het. Hierdie kwessie het rasselyne waar &#8216;swart&#8217; skole se slaagsyfer statistiese uitskieters blyk te wees. Daar kan weliswaar ander redes vir die fenomeen wees, maar die verslag verklaar dit nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die verslag en mediakonferensie van Umalusi het wel die volgende insigte verskaf:<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">1.      Die vak Engels Huistaal is opwaarts aangepas om te kompenseer vir die feit dat leerlinge, wat nie Afrikaans of Engels as huistaal het nie en wat inskakel by vorige model C-skole wat Afrikaans is, gewoonlik dan Engels Huistaal as vak neem. Aangesien Engels nie in werklikheid die leerlinge se huistaal is nie, maar eerder &#8216;n ander inheemse taal, doen die leerlinge nie juis goed in die vak nie. Hierdie situasie dui egter aan dat die departement van basiese onderwys nie genoeg skole beskikbaar stel waarin moedertaalonderrig kan geskied nie. Dit is skreiend dat Afrikaanse skole deur die departement, soms met regstappe, gedwing word om anderstalige leerlinge in te neem en dan hulle te onderrig in Engels wat nie eens die leerlinge se moedertaal is nie. Dit is diskriminerend teen beide die Afrikaanssprekende en die anderstalige leerlinge en die departement moet sy beleid hieroor dringend hersien.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">2.      Umalusi het aangedui dat die departement van basiese onderwys ook punte-aanpassings aanbring nadat Umalusi sy proses voltooi het. Die aanpassings blyk aangebring te word aan taalvakke. Die VF Plus het alreeds &#8216;n parlement\u00eare vraag hieroor ingedien om vas te stel watter vakke in werklikheid hierdeur geraak is, hoeveel die verstellings in elke vak was en wat die grondslag van die aanpassings was. Moontlik kan hierdie intervensie deur die departement verduidelikings verskaf vir die ho\u00ebr slaagsyfer van 2010.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">3.      Umalusi het erken dat die departement van basiese onderwys nog baie werk het om die standaard van Suid-Afrikaanse skole en vakke te verhoog. Die VF Plus is dit hier eens met Umalusi.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die VF Plus doen verder &#8216;n beroep op alle bekommerde onderwysers en skoolhoofde om die Umalusi-verslag te bestudeer en self te peil of die inligting hulle insigte bied oor die verskeie anomalie\u00eb wat hulle op grondvlak ervaar het. Die VF Plus is bereid om verdere parlement\u00eare vrae aan die minister van basiese onderwys te stel om enige dwingende kwessies aan te spreek.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die verslag kan by die volgende webadres gevind word: www.umalusi.org.za.<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/nyf.com.ua\/\">\u0437\u0438\u043c\u043d\u044f\u044f \u043e\u0434\u0435\u0436\u0434\u0430<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/test.sq.com.ua\/rus\/news\/vlast\/13.09.2010\/a_filchakov_naznachen_prokurorom_dergachevskogo_rajona\/\">\u0410\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u0424\u0438\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u0412\u0430\u0441\u0438\u043b\u044c\u0435\u0432\u0438\u0447<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>&#8220;Die VF Plus het die Umalusi-verslag bestudeer en bevind dat baie van die vrae wat die party gehad het rakende anomalie\u00eb wat op grondvlak plaasgevind het ten opsigte van die 2010-matriekpunte, nog nie beantwoord is nie. Die verslag dui op die oog af op geen onre\u00eblmatighede aan Umalusi se kant nie, maar los sekere raaisels &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=10065\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Umalusi nog nie duidelik nie&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[51],"tags":[],"class_list":["post-10065","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-suider-afrika"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/10065","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=10065"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/10065\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=10065"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=10065"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=10065"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}