{"id":10038,"date":"2011-02-23T13:45:42","date_gmt":"2011-02-23T13:45:42","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=10038"},"modified":"2011-02-23T13:45:42","modified_gmt":"2011-02-23T13:45:42","slug":"verkeerde-demokrasie","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=10038","title":{"rendered":"Verkeerde demokrasie"},"content":{"rendered":"<div style=\"text-align: justify;\">\n<p>Die VSA mag dalk net nie die soort demokrasie in die w\u00eareld kry waarvoor hulle gewens het nie. Selfs op die tuisfront in die deelstaat Wisconsin is daar populistiese roeringe. Wisconsin is waar vakbonde die diepste ingegrawe is, maar dit lyk asof die Republikeine die taai unie-greep gaan loswikkel.<\/p>\n<\/div>\n<div style=\"text-align: justify;\">\n<p>Populistiese winde van onrus wat oor die Midde-Ooste waai, kan egter Amerikaanse milit\u00eare afhanklikheid van Arabiese regimes knou. Die voorkeurtoegang tot vliegvelde en hawens van Ka\u00efro tot Katar lyk skielik nie meer so vanselfsprekend nie.<\/p>\n<\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die VSA se dominante rol in die streek hang af van &#8216;n komplekse netwerk van ooreenkomste met vriendelike Arabiese lande wat toelaat dat Amerikaanse magte olieskeepsroetes in die Golf patrolleer, Islamitiese militantes in bedwang hou en &#8216;n wakende oog oor Iran verseker.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ongeveer 27 000 Amerikaanse troepe is ontplooi op &#8216;n verskeidenheid van basisse en plekke in die Golf, tesame met &#8216;n gebiedsmag van 50 000 man in Irak en duisende meer aan boord van skepe, volgens &#8216;n Amerikaanse milit\u00eare amptenaar wat anoniem wil bly.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Groot vliegvelde in Katar en die Verenigde Arabiese Emirate, &#8216;n groot basis in Koeweit en die VSA-vloot se vyfdevloothoofkwartier in Bahrein, dien as belangrike punte om enige optrede van Iran binne &#8216;n kort tydjie met swaar Amerikaanse vuurkrag te kan neutraliseer.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">In Bahrein is ongeveer 4 000 Amerikaners gestasioneer as deel van die Amerikaanse vloot se vyfdevloothoofkwartier.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Met &#8216;n vloot van vliegdekskepe, torpedojaers en amfibiese skepe tot sy beskikking, hou die vyfde vloot toesig oor &#8216;n gebied wat strek van die Rooi See, tot aan die Golf en die Arabiese See.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Pentagon het verlede week die bedreiging van die onrus in Bahrein en elders onderspeel, en meen die geweld het nie die vloothoofkwartier of ander basisse ontwrig nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Voormalige amptenare s\u00ea die vloot kan die bevelspos elders heen skuif as dit daarop aankom.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Geen enkele basis of ooreenkoms verteenwoordig &#8216;n achilleshiel op sy eie nie, maar as &#8216;n geheel is die netwerk &#8216;n belangrike spil vir Amerikaanse milit\u00eare mag, s\u00ea Dawid A\u00e4ron, &#8216;n voormalige diplomaat en &#8216;n senior navorser by die invloedryke Rand Corporation.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Op die spel hier is &#8216;n vermo\u00eb om Amerikaanse bondgenote te verseker hulle sal teen Iran beskerm word. Amerikaanse vlootskepe geniet byvoorbeeld topprioriteit in die Suezkanaal. Om sulke spesiale regte te verloor, sal die koste en tyd dramaties verhoog vir Amerikaanse troepe en sal hulle dus inboet aan milit\u00eare mobiliteit.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">In 2003 het die Amerikaanse magte hulle teenwoordigheid in Saoedi-Arabi\u00eb &#8211; te midde van die Irakinval \u2013 heelwat afgeskaal en lugbedrywighede na Katar en Oman verskuif.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Sommige basisse is steeds geheim, insluitende Al Dhafra in die Verenigde Arabiese Emirate, wat die Pentagon nie amptelik erken nie. Dit word&nbsp; vir geheime sendings in Irak en Afghanistan gebruik.<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/aquaelite.com.ua\/avtomatika-dlya-nasosov_2\/komplektuyushchie\">\u0437\u0430\u043f\u0447\u0430\u0441\u0442\u0438 \u043d\u0430\u0441\u043e\u0441<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/lenta.kharkiv.ua\/other\/2017\/06\/13\/179611.html\">\u041b\u043e\u0431\u0430\u043d\u043e\u0432\u0441\u043a\u0438\u0439<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die VSA mag dalk net nie die soort demokrasie in die w\u00eareld kry waarvoor hulle gewens het nie. Selfs op die tuisfront in die deelstaat Wisconsin is daar populistiese roeringe. Wisconsin is waar vakbonde die diepste ingegrawe is, maar dit lyk asof die Republikeine die taai unie-greep gaan loswikkel. Populistiese winde van onrus wat oor &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=10038\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Verkeerde demokrasie&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[53],"tags":[],"class_list":["post-10038","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-nternasionale-nuus"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/10038","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=10038"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/10038\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=10038"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=10038"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=10038"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}