{"id":10003,"date":"2011-02-18T08:28:44","date_gmt":"2011-02-18T08:28:44","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=10003"},"modified":"2011-02-18T08:28:44","modified_gmt":"2011-02-18T08:28:44","slug":"boer-ekstremiste-ontwrig-vvk-vergadering","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=10003","title":{"rendered":"&#8216;Boer&#8217;-ekstremiste ontwrig VVK-vergadering"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\"><img decoding=\"async\" class=\"caption\" title=\"'n Bebloede Paul Kruger te Paardekraal\" alt=\"Paul Kruger\" src=\"http:\/\/www.praag.co.za\/images\/stories3\/imag0746.jpg\" width=\"251\" \/>&#8216;n Klein groepie &#8220;Boer&#8221;-ekstremiste onder leiding van mnr. Piet Rudolph het gisteraand &#8216;n vergadering van die Volksraadverkiesingskommissie by die Paardekraalmonument op Krugersdorp ontwrig. &#8216;n Volgeling van mnr. Rudolph het uit die bloute op mnr. Paul Kruger van die VVK afgestorm en hom in die gesig geslaag dat die bloed spat. &#8216;n Bebloede Kruger het daarna &#8216;n beroep op eenheid in die aangesig van die vele bedreigings vir die Afrikanervolk gedoen.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Vanuit die staanspoor het Rudolph tussenwerpsels geskree terwyl die tien kandidate vir die VVK-verkiesing hul onderskeie standpunte gestel het. In weerwil hiervan, het die vergadering egter vlot verloop en was daar &#8216;n ho\u00eb mate van eensgesindheid onder die VVK-kandidate en die gehoor oor die oorlewingstryd wat vir Afrikaners voorl\u00ea, asook die behoefte aan sigbare leierskap.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Heel aan die einde van die vergadering het Rudolph se handlanger sonder provokasie op Paul Kruger by die mikrofoon afgestorm en hom in die gesig begin slaan terwyl hy besig was om vrae uit die gehoor te hanteer.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die meerderheid mense wat die vergadering bygewoon het, het hul teleurstelling met die ongevraagde aanval op Kruger uitgespreek en gemeen dat dit sleg op alle Afrikaners reflekteer. Mnr. Jaco Mulder van die Vryheidsfront Plus, wat ook in die gehoor teenwoordig was, het dit as &#8216;n &#8220;realiteitstelevisievertoning&#8221; beskryf en ges\u00ea: &#8220;Dit verbaas my dat Piet Rudolph nog op vrye voet is, want hy veroorsaak moeilikheid oral waar hy gaan.&#8221; Volgens Mulder het Kruger reeds doodsdreigemente van &#8220;Boer&#8221;-ekstremiste ontvang weens sy rol in die organisasie van &#8216;n bre\u00eb Afrikanerverkiesing.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In teenstelling met die gedrag van Rudolph en sy handlanger, het Kruger hom uiters verdraagsaam behandel en hom tydens vraetyd ook &#8216;n spreekbeurt gegun. Hiertydens het Rudolph Kruger daarvan beskuldig dat hy &#8220;besig is met &#8216;n nuwe ding&#8221; en dat die herstel van die Boererepublieke die enigste moontlike politieke oplossing vir die land is. Hy het ook die VVK-verkiesing probeer verdag maak as sou mnr. Kruger &#8216;n verskuilde agenda h\u00ea.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dis nie bekend of Kruger &#8216;n klag van aanranding teen sy aanvaller aanhangig gaan maak nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Op die Praagwebwerf is insgelyks doodsdreigemente op die kommentaargedeelte gelaat wat teen dr. Dan Roodt gerig is.<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/italiasvet.ru\/categories\/products\/29-podvesnye-svetil-niki\">\u0434\u043b\u044f \u043f\u043e\u0434\u0432\u0435\u0441\u043d\u043e\u0433\u043e<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/pozitciya.com.ua\/63384-harkov-v-cifrah-i-delah.html\">\u043b\u043e\u0431\u0430\u043d\u043e\u0432\u0441\u043a\u0438\u0439 \u0430\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u0436\u0435\u043d\u0430<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>&#8216;n Klein groepie &#8220;Boer&#8221;-ekstremiste onder leiding van mnr. Piet Rudolph het gisteraand &#8216;n vergadering van die Volksraadverkiesingskommissie by die Paardekraalmonument op Krugersdorp ontwrig. &#8216;n Volgeling van mnr. Rudolph het uit die bloute op mnr. Paul Kruger van die VVK afgestorm en hom in die gesig geslaag dat die bloed spat. &#8216;n Bebloede Kruger het daarna &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=10003\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;&#8216;Boer&#8217;-ekstremiste ontwrig VVK-vergadering&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[52],"tags":[],"class_list":["post-10003","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c36-afrikaanse-nuus"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/10003","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=10003"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/10003\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=10003"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=10003"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=10003"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}