praag.co.za

Aktueel, aktief, Afrikaans

Donderdag, 11. Maart 2010

Bygewerk op:08:28:58 PM GMT

Jy is hier: Vermaak Musiek
Facebook Twitter Digg Delicious Stumbleupon Google Bookmarks RSS Feed 
Aantal kere gelees: 4193

Musiek

Obama-musiekblyspel open in Duitsland

E-pos Afdruk PDF

'n Musiekblyspel oor Obama se "Yes we can"-verkiesingslagspreuk gaan hierdie naweek in Duitsland open.

Die blyspel sluit liefdesliedjies van die president aan sy vrou Michelle in en samesang met Hillary Clinton.

Selfs Sarah Palin en John McCain maak hulle buigings om die verloorders, die Republikeine, te verteenwoordig.

Dertig sangers, akteurs en dansers sal aan die verhoogstuk deelneem getiteld "Hope - the Obama Musical Story".

Dit word in die Jahrhunderdtallekonsertsaal in Frankfurt gehou en sal in 'n mengsel van Engels en Duits aangebied word.

Die gehoor sal uittreksels uit politieke toesprake asook aanhalings van die 2008-verkiesingsveldtog herken.

Jimmy Wilson sal die rol van Obama vertolk.

Twee ander musiekblyspele oor die president is reeds opgevoer elders. In Londen het "Obama on my mind" verlede jaar gespeel en in Nairobi "Obama, the musical"

Laas Opdateer op Donderdag, 14 Januarie 2010 09:40

Bok gaan Bokke besing

E-pos Afdruk PDF

Luidens ’n persverklaring gaan Bok van Blerk vier liedjies sing vir die wedstryd tussen die Springbokke en die Engelse rugbyklub Saracens.

Hy is genooi om Dinsdag  in die Wembley-stadion op te tree, voor die wedstryd. Dit is die Springbokke se enigste wedstryd in Londen op hul Europese toer.

“De la Rey”, “Ons Vir Jou Suid-Afrika”, ’n Engelse liedjie wat nog geheim gehou word, en ook Saracens se klubliedjie “Stand Up For the Saracens”.

Volgens Van Blerk is “Ons Vir Jou Suid-Afrika” die liedjie wat die Springbokke in die kleedkamer en op die toerbus voor ’n groot wedstryd sing.

Van Blerk en sy orkes vertrek Donderdag en tree ook Saterdag by die Aardvarkkroeg in Londen op. Hulle keer op 18 November terug na Suid-Afrika, waarna ’n toer na Namibië en die Kaap sal afskop.

Laas Opdateer op Donderdag, 12 November 2009 10:22

PRAAG-soir?e met Malcolm Nay, Zanta Hofmeyr en Heleen du Plessis

E-pos Afdruk PDF

Image
Zanta Hofmeyr en Malcolm Nay
Die redaksie van praag.co.za bied eerskomende Saterdagaand 19 September om 19.00 'n soirée aan met kamermusiek deur Dmitri Sjostakowitsj, gespeel deur die Musaion-trio. Dié trio bestaan uit drie van Suid-Afrika se beste en beroemdste klassieke kunstenaars: Malcolm Nay (klavier), Zanta Hofmeyr (viool) en Heleen du Plessis (tjello). Stuur so gou moontlik 'n e-pos aan musiek[by]praag.co.za indien u dit wil bywoon.

Laas Opdateer op Dinsdag, 15 September 2009 06:21 Lees meer...

Bladsy 1 van 2