Die eerste vrou wat met die gesogte toekenning, Hollywood se topprys vir regisseurs wegstap, is Kathryn Bigelow.
Sy is ook toevallig die voormalige eggenote van James Cameron, regisseur van die gewilde en insgelyks benoemde Avatar.
Drudgereport het die film beskryf as 'n fliek wat niemand nog gesien het nie.
Bigelow het 'n Oscar losgeslaan vir The Hurt Locker, vir die beste rolprent en rolprentteks.
Die rolprent handel oor die oorlog in Irak.
"Dit is werklik...Daar is nie 'n ander manier om dit te beskryf nie, dit is die oomblik van 'n leeftyd," het 'n oorstelpte Bigelow gesê.
Sy het gesê sy wil die toekenning opdra aan die mans en vroue in die weermag wat daagliks hul lewens in Irak, Afganistan en regoor die wêreld in gevaar stel. "Mag hulle veilig huis toe kom."
Die Suid-Afrikaansgebore regisseur Neill Blomkamp van District 9-faam moes met leë hande wegstap.

Flieks







