Jy is hier: Vermaak

Vermaak

Johan van der Merwe heropen die verlede

E-pos Afdruk PDF

In Trou tot die dood toe - die Suid-Afrikaanse Polisiemag, heropen die laaste polisiekommissaris onder die ou bedeling, Johan van der Merwe, die verlede. Nie net verklap hy al die polisie se geheime rondom die stryd teen ANC-aktiviste en -terreur nie, maar hy gee ook 'n boeiende insig in die optrede van P.W. Botha, Adriaan Vlok, F.W. de Klerk, Pik Botha en ander politici van destyds.

Hierdie boek van 432 bladsye gaan sekerlik 'n herrie ontketen onder diegene wat die ANC se weergawe van die geskiedenis tydens die sewentiger- en tagtigerjare as die evangelie aanvaar. Omdat hy geen politieke meester meer dien nie, bied Van der Merwe die feite koud en klinies aan sodat 'n stuk onlangse Suid-Afrikaanse geskiedenis skielik ideologies naak gestroop voor ons te voorskyn kom, byna soos 'n ou skildery wat vir die eerste keer skoongemaak word.

Daar gaan sekerlik ontsteltenis wees oor die aanbieding van die Waarheids- en versoeningskommissie as 'n wesentlik bevooroordeelde liggaam wat sy mes vir die polisie in gehad het, maar ANC-aansoeke om amnestie met 'n gewillige rubberstempel gehanteer het. In 'n nostalgiese aanloop tot sy uiteindelike vername rol as hoof van die veiligheidstak en latere kommissaris, asook lid van die staatsveiligheidsraad, skilder Van der Merwe 'n prentjie van 'n eens gedissiplineerde polisiemag waarin elkeen trots was om te dien.

Die boek wemel van staaltjies en anekdotes wat die gebeure vir die leser werklik maak. Ook die verhaal van Vlakplaas en kol. Eugene de Kock word uitvoerig in die boek behandel sodat die leser met behulp van die ware feite sy eie oordeel oor die gebeure rondom dié stuk omstrede geskiedenis kan vel. Lesers en resensente gaan die boek óf as 'n openbaring verwelkom óf deur die koel, feitelike toon onthuts word. Terwyl een van die karakters in die verhaal, oudminister Adriaan Vlok reeds voete gewas het, sal vele mense na dese dalk genl. Johan van der Merwe se voete wil kom was!

Bestel die boek hier.

Laas Opdateer op Sondag, 11 Julie 2010 08:39

Boerejode in die ABO

E-pos Afdruk PDF
Die gemiddelde man op straat is waarskynlik nie bewus daarvan dat meer as 300 Jode aan Boerekant in die Anglo-Boereoorlog vir die vryheid van die Boererepublieke (Transvaal en die Vrystaat) geveg het nie. In hierdie verband het David Saks, navorser by die Joodse Raad van Afgevaardigdes, so pas sy nuwe boek, Boerejode – Jews in the Boer Armed Forces (1899-1902), by 'n byeenkoms in die Sinagoge in Johannesburg vrygestel.

Volgens Saks volg hy, wat sy navorsing betref, in die voetspore van hoofrabbi (professor) Louis Rabinowitz, wat in die jare 1940 tot '50 die rol van die Boerejode gedokumenteer het. Rabinowitz was veral beïndruk met die feit dat dr. DF Malan (eerste ministervan die Unie van SA, sedert 1948) die eerste staatshoof was wat erkennning aan die totstandkoming van die staat Israel gegee het. Hy was ook krities teen die Britse regering wat die daarstelling van die staat Israel tydens hulle bevrydingstryd teengestaan het.

Die Boeremagte se Longtom-kanonne is deur twee Joodse tegnici (Sam Leon en Leon Grunberg) nie net nagesien nie, maar was ook aan die hoof van twee werkswinkels vir die produksie van ammunisie. Die fabrieke was by Begbies Foundary en in die werkswinkels van die Nederlands/Zuid-Afrikaanse Spoorweë.

Sowat 300 Jode het aktief aan die oorlog meegedoen, wat – naas die Duitsers en Nederlanders – die derde grootste buitelandse komponent  in die Boeremagte verteenwoordig het.

Volgens Saks het die Boere wel uiteindelik teen die oormag van Engelse verloor, maar die oorlog bly vir die Boere se vryheidsideaal 'n morele oorwinning. In die Boererepublieke was die verhouding tussen Boer en Jood warm en gesellig. Raakpunte is die rol van Israel in die Bybel en die Afrikaner se sin vir godsdiens.

Saks haal vir Jakkals Segall aan wat in 1943 verklaar het dat hy wat Saks is wel as immigrant hierheen gekom het, maar van oortuiging was dat hy sy man moet staan en as dit nodig sou wees, sy lewe vir die vryheidstrewe van die Boere moes gee. "Die outydse Afrikaners het geweet wat regverdigheid is. Hulle was die sout van die aarde."

Naskrif

Die wedersydse samewerking tussen die SA Nasionale Intelligensiediens van generaal Hendrik van den Berg en die Mossad van Israel sal nog gedokumenteer moet word. Insgelyks is die nuwe SA beleid sedert 1994 uit en uit pro-Palestyns en anti-Joods. Daar moet ook opgeteken word dat beide apartheid en die Joodse Sionisme deur die VN as rassisties en 'n sonde teen die mensdom gebrandmerk is.

Laas Opdateer op Saterdag, 08 Mei 2010 12:48

Die fliek wat niemand nog gesien het nie, wen

E-pos Afdruk PDF

Die eerste vrou wat met die gesogte toekenning, Hollywood se topprys vir regisseurs wegstap, is Kathryn Bigelow.

Sy is ook toevallig die voormalige eggenote van James Cameron, regisseur van die gewilde en insgelyks benoemde Avatar.

Drudgereport het die film beskryf as 'n fliek wat niemand nog gesien het nie.

Bigelow het 'n Oscar losgeslaan vir The Hurt Locker, vir die beste rolprent en rolprentteks.

Die rolprent handel oor die oorlog in Irak.

"Dit is werklik...Daar is nie 'n ander manier om dit te beskryf nie, dit is die oomblik van 'n leeftyd," het 'n oorstelpte Bigelow gesê.

Sy het gesê sy wil die toekenning opdra aan die mans en vroue in die weermag wat daagliks hul lewens in Irak, Afganistan en regoor die wêreld in gevaar stel. "Mag hulle veilig huis toe kom."

Die Suid-Afrikaansgebore regisseur Neill Blomkamp van District 9-faam moes met leë hande wegstap.

JPAGE_CURRENT_OF_TOTAL