praag.co.za

Aktueel, aktief, Afrikaans

Saterdag, 13. Maart 2010

Bygewerk op:04:57:57 PM GMT

Jy is hier: Tegnologie Wetenskap
Facebook Twitter Digg Delicious Stumbleupon Google Bookmarks RSS Feed 
Aantal kere gelees: 763

Wetenskap

Gesinsbeplanning sal kweekhuisgasse aansienlik verminder

E-pos Afdruk PDF

Elke R80 wat oor die volgende vier dekades op gesinsbeplanning bestee word, sal kweekhuisgasse met meer as 'n ton verminder, terwyl dit ten minste R400 sal kos om lae koolstof tegnologie te ontwikkel om dieselfde resultate te kry, het navorsing bewys.

Die verslag getiteld Fewer Emitter, Lower Emissions, Less Cost, het bevind dat gesinsbeplanning as een van die primêre kweekhuisgasverminderingsmetodes geëien behoort te word.

Die VN het bevind dat 40 % van alle swangerskappe ter wêreld onbeplan is.

Indien basiese gesinsbeplanningsbehoeftes vervul word, sal 34 gigaton CO2 gespaar word. Dit is gelykstaande aan byna 6 keer die jaarlikse uitsette deur die VSA en byna 60 keer Brittanje se jaarlikse totaal.

Roger Martin, voorsitter van die Optimum Population Trust by die Londense effektebeurs sê dit was nog altyd "voor die hand liggend dat die totale hoeveelheid uitset bepaal word deur die uitsetters en hulle individuele uitset - die koolstoftonnemaat kan nie na benede tuimel soos ons dit wil, as die bevolking aanhou opskiet nie".

VN-data suggereer dat indien daar in die behoeftes van gesinsbeplanning voorsien word, sal onbeplande geboortes met 72% daal, wat die vooruitgeskatte wêreldbevolking in 2050 met 'n halwe miljard sal verminder na 8,64 miljoen.

Die navorsing is bekend gemaak op die dag wat die Britse regering se adviseurs oor klimaatsverandering, die Climate Change Committee, waarsku dat huishoudings en nywerhede se beplande vermindering van 80% nie voldoende gaan wees nie.


Boublokke vir lewe in komeet gevind

E-pos Afdruk PDF
Image
Komeet Wild 2, foto NASA
Wetenskaplikes het Maandag bekend gemaak dat aminosuurglisien, 'n fundamentele boublok van proteïne, vir die eerste keer in 'n komeet gevind is.

Mikroskopiese spore van glisien is ontdek in 'n monster van die stert van die komeet Wild 2 wat die NASA-tuig Stardust diep in die sonnestelsel, 390 miljoen km van die Aarde, in Januarie 2004 teruggebring het.

Monsters van gas en stof is in 'n klein bakkie, met superwollerige materiaal, aerogel, uitgevoer, versamel en twee jaar later teruggebring Aarde toe in 'n houer wat van die tuig ontkoppel is en wat met 'n valskerm in die Utahwoestyn geland het.

Komete soos Wild 2, vernoem na die sterrekundige Paul Wild, bevat goedgepreserveerde materiaal van die oorsprong van die sonnestelsel miljarde jare gelede en dus sleutels tot die vorming van die son en planete.

Die aanvanklike voorkoms van glisien, die mees algemene aminosuur van die 20 teenwoordig op Aarde, is verlede jaar ontdek, maar dit het eers 'n tydjie geneem vir wetenskaplikes om vas te stel dat dit vanuit die ruimte afkomstig is.

Astrobioloog Jamie Elsila van NASA se Goddard Space Flight Center in Greenbelt, Maryland, die hoofouteur van die navorsing, sê hulle moes seker maak dat dit nie van die tuig afkomstig was nie.

Sy het die bevindinge hierdie week by 'n byeenkoms van die American Chemical Society in Washington, D.C., bekend gemaak. Dit sal ook in die joernaal Meteoritics and Planetary Science gepubliseer word.

"Ons het al aminosure in meteorite waargeneem, maar dis die eerste keer dat dit in 'n komeet opgespoor is," het sy gesê.

Aminosuurkettings vorm proteïnmolekules in alles van hare tot ensieme wat die chemiese reaksies binne lewende organismes reguleer. Wetenskaplikes dink lank reeds oor die kwessie of hierdie komplekse organiese samestellings op Aarde ontstaan het of in die ruimte.

Hierdie bevindinge gee ondersteuning aan die gedagte dat die saad vir die rou materiale van lewe van elders uit die kosmos gevorm is.

Carl Pilcher, direkteur van NASA se Astrobiology Institute in California, sê die ontdekking dat die boublokke vir lewe in die ruimte aanwesig is, "versterk die idee dat die kosmos gemeenskaplik eerder as uitsonderlik is".

Laas Opdateer op Dinsdag, 18 Augustus 2009 06:07

Beskik die aarde oor twee kerne?

E-pos Afdruk PDF

ImageDit is die klassieke beeld uit elke skoolkind se handboek, die weggesnyde beeld van die aarde se binnekant. Die bruin kors is papierdun, die warm mantellaag is oranje, die kokende vloeibare kern van die aarde se buitekern is geel, en die middel is 'n bal van soliede rooiwarm yster.

Nou poog 'n nuwe teorie om dit alles te herskryf deur die skynbaar onmoontlike voor te stel, dat die aarde nie een nie, maar twee binnekerns het.

Die idee spruit voort uit 'n oeroue kataklismiese botsing wat wetenskaplikes glo gebeur het toe 'n voorwerp so groot soos Mars die aarde omtrent 4,45 miljard jaar gelede getref het. Die jong aarde was toe so warm dat dit grootliks gesmelt was en materie van die botsing se impak weggeslinger is om die maan te vorm.

Haluk Cetin en Fugen Ozkirim van Murray-staatsuniversiteit dink dat die kern van die Mars-voorwerp miskien in die aarde agtergebly het en dat dit gesink het tot naby aan die oorspronklike binnekern. Daar het dit gebly, óf apart óf as saamgebonde tweelinge wat in 'n nabye wentelbaan verkeer.

Laas Opdateer op Woensdag, 07 Januarie 2009 09:31

Bladsy 1 van 5