Jy is hier: Tegnologie Saketegnologie Microsoft verseker Web Office XML-patent

Microsoft verseker Web Office XML-patent

E-pos Afdruk PDF

Microsoft is van plan om hulle XML-gebaseerde (sien Wikipedia vir meer oor XML http://en.wikipedia.org/wiki/XML) Office-spesifikasies en ander formate beskikbaar te stel en beloof ook om nie gebruikers aan te kla nie. Maar soos altyd met Microsoft is daar ander patente binne die program waarvan hulle nie afstand gaan doen nie en ook nie beskikbaar gaan stel nie.

Die Amerikaanse patent is toegeken om die formattering en verandering van Word-dokumente wat XML gebruik te voorkom.

Die patent het nie net Word-dokumente wat op 'n lokale rekenaar gestoor word beskerm nie maar ook wanneer die dokumente op die internet met Office Web Apps verander word.

Die patent maak deel uit van Microsoft Office Open XML-formaat aangesien diè formaat as 'n ECMA- sowel as 'n ISO-standaard aanvaar is.


blog comments powered by Disqus



Verwante artikels: