praag.co.za

Aktueel, aktief, Afrikaans

Thursday, 17. May 2012

Bygewerk op:04:37:53 AM GMT

Jy is hier: Tegnologie Ruimte

Ruimte

Branson stel sy ruimtetuig bekend

E-pos Afdruk PDF

Virgin Galactic, 'n afdeling van miljardêr Richard Branson se Virgin Atlantic Airways, hoop die gevleuelde SpaceShipTwo sal toeriste in die ruimte inskiet om gewigloosheid te kan ervaar binne twee tot drie jaar.

Branson het Maandag sy eerste kommersiële ruimtetuig vir ruimtetoerisme bekendgestel.

"Dit sal die begin wees van kommersiële ruimtevaart," het hy tydens die geleentheid in die Mojavewoestyn in Kalifornië gesê. "Jy gaan 'n ruimtevaarder word."

Die projek, wat beoog om ses kommersiële ruimteskepe te bou, sal passasiers hoog genoeg neem om gewigloosheid te ervaar asook die Aarde se kurwe teen die agtergrond van die ruimte te aanskou.

Die rit sal twee-en-half uur duur en passasiers sal vyf minute lank gewigloos wees.

Sowat 300 aspirant-ruimtevaarders het reeds 'n deposito van $200 000 inbetaal vir die ervaring wat drie dae se opleiding insluit.

Uiteindelik beoog Virgin Galactic om dmv suborbitale reis die tydsduur van lugreise dramaties in te kort.

"Van kontinent tot kontinent, van Los Angeles na Australië binne twee uur," het Branson aan Reuters TV gesê.

Ander sakemoontlikhede sluit eksperimente in die ruimte in en die lanseer van klein vragte.

Branson het vliegtuigontwerpingenieur Burt Rutan en sy span by Scaled Composites gekontrakteer om die tuig te bou.

In die Reuters TV-onderhoud sê Branson die vlugte sal veiliger as NASA se pendelvlugte wees. "NASA gebruik tegnologie wat 50, 60 jaar oud is."

Die impak op die omgewing sal ook glo minimaal wees met geen koolstofvrystelling nie.

Atmosferiese toetsvlugte gaan vir die volgende tien maande onderneem word, waarna uitgebreide ruimtetoetsvlugte sal volg voordat passasiersvlugte in 2011 of 2012 afskop.

 

Indië ontdek water op die maan

E-pos Afdruk PDF

Drome van maanreise en 'n bemande maanbasis het 'n hupstoot gekry met Indië se aankondiging dat hulle maansending water, goot hoeveelhede daarvan, ontdek het.

Data van Chandrayaan-1 suggereer ook dat water steeds op die maan gevorm word. Wetenskaplikes sê die ontdekking, wat deur NASA aangekondig sal word, gaan maanreise verander.

Die ontdekking is ook 'n aansienlike inspuiting vir Indië se ruimteresies teen China.

Dr Mylswamy Annadurai, die missie se projekdirekteur by die Indiese Ruimtenavorsingsorganisasie in Bangalore, sê dit is "baie bevredigiend".

Alhoewel die soeke na water een van die hoofdoelwitte van die sending was, is dit nogtans 'n verrassing sê wetenskaplikes.

Die onbemande tuig was toegerus met NASA se Moon Mineralogy Mapper, M3, wat ontwerp is om water te soek deur die elektromagnetiese uitstraling van minerale op te tel.

Die M3 het ook die verrassingsondekking gemaak dat water nog steeds op die maanoppervlak gevorm word.

Die Chandrayaan-1 is verlede jaar in Oktober in 'n wentelbaan om die maan geplaas. Die Indiese ruimteorganisasie het verlede maand kontak met die tuig verloor en moes die missie kanselleer.

Die opspraakwekkende data is teruggesein voordat die missie geskrap is.

Wetenskaplikes wag in spanning op die data wat twee Amerikaanse tuie wat in Junie gelanseer is, sal terugstuur wat waarskynlik die bestaan van water op die maan sal bevestig.

 

Laas Opdateer op Donderdag, 24 September 2009 14:44

Nasatuig misluk

E-pos Afdruk PDF

‘n NASA-satelliet wat koolstofdioksied in die aarde se atmosfeer moet opspoor het misluk om sy wentelbaan te bereik gedurende Dinsdag se lansering, en die $4 278 miljoen sending gekelder.

Lees meer...

JPAGE_CURRENT_OF_TOTAL