Jy is hier: Sport Tennis

Tennis

Federer deur na kwarteindronde

E-pos Afdruk PDF
Roger Federer het Maandag met vlieënde vaandels deurgedring tot  Wimbledon se kwarteindronde, terwyl Rafael Nadal hoop dat sy kniebesering hom nie sal verhoed om ook een van die laaste agt te wees nie. 

Die twee verdedigende kampioene, Federer en Nadal, het die vierde ronde begin in die hoop dat hulle probleme agter die rug is nadat hulle 'n wankelrige begin in die toernooi gehad het.

Federer, wat mik vir 'n sewende Wimbledon-titel, het sy kritici stilgemaak toe hy 6-3, 6-2, 6-3 gewen het teen die Oostenryker, Jurgen Melzer.

"Dit voel wonderlik. Ek het geweet dit gaan 'n moeilike wedstryd teen Jurgen wees," het Federer gesê.

Hy sal nou vir Tomas Berdych moet aanpak in die kwarteindronde.

Federer haal kwarteindrondte van Australiese Ope

E-pos Afdruk PDF

Roger Federer het die Australiërs se hoop verydel deur Lleyton Hewitt in skoon stelle uit te skakel om die kwarteindronde van die Australiese Ope te haal.

Die Switserse tennisspeler kom nou teen Nikolay Davydenko te staan, terwyl Novak Djokovic teen Jo-Wilfried Tsonga speel in ’n herhaling van die eindstryd in 2008.

Federer, die topgekeurde, was van beter stoffasie as die 22ste gekeurde Australiër in sy sege van 6-2, 6-3, 6-4 in die 25ste kragmeting tussen hulle.

Federer het sy 15de agtereenvolgende sege oor Hewitt behaal, maar erken Davydenko sal ’n ander soort uitdaging bied.

“Hy het een van die beste terughoue van afslane in wêreldtennis en beweeg ook uitstekend. Dit sal beslis nie ’n maklike wedstryd wees nie, maar ons sal maar moet sien hoe dit gaan,” sê Federer.

 

Federer voosgeslaan in Amerikaanse Ope

E-pos Afdruk PDF

Die vyfmalige Amerikaanse Ope kampioen, Roger Federer, het in vyf stelle teen die ellelange Argentyn, Juan Martin del Potro verloor. Die telling was 3-6, 7-6, 4-6, 7-6, 6-2 in die twintigjarige Del Potro se guns.

Federer het die wedstryd goed begin en dit het gelyk asof hy Del Potro se vreesaanjaende grondhoue met goeie taktiek geneutraliseer het. Maar van die einde van die tweede stel af het Del Potro met vreeslose tennis vorendag gekom en Federer het geen antwoorde vir die Argentyn se kragspel gehad nie.

Dit was die eerste keer sedert 2004 dat Federer ‘n wedstryd in die Amerikaanse Ope verloor het.

Del Potro het die vorige ses kragmetings teen Federer verloor. 


JPAGE_CURRENT_OF_TOTAL