Die Engelse Sokker Federasie het gerugte dat Fabio Capello, Engelse sokker-afrigter, dit oorweeg om sy spelers Viagra in te gee, ontken.
Die teenimpotensiepil is veronderstel om die spelers ‘n hupstoot te gee wanneer hulle op ‘n hoër seevlak moet speel.
Volgens ‘n verslag sal Viagra die spelers se longkapasiteit in Rustenburg verbeter.
Rustenburg lê byna 5 000 voet bo seevlak.
“Die Engelse mediese span werk tans saam met deskundiges om navorsing te doen voor die Wêreldbeker volgende jaar,” het ‘n woordvoerder vir die Engeland se Sokker Federasie gesê.
“Die gebruik van Viagra is egter nog glad nie bespreek nie en ons is hoegenaamd nie van plan om dit volgende jaar aan die spelers te gee nie.”
| < Vorige | Volgende > |
|---|








