praag.co.za

Aktueel, aktief, Afrikaans

Vrydag, 12. Maart 2010

Bygewerk op:04:57:57 PM GMT

Jy is hier: Sport Sokker
Facebook Twitter Digg Delicious Stumbleupon Google Bookmarks RSS Feed 
Aantal kere gelees: 4356

Sokkerkaartjies verkoop nie

E-pos Afdruk PDF

Minder as 100 000 kaartjies is aan aanhangers van die ses Afrika-lande wat aan die 2010 Wêreldbeker-sokkertoernooi gaan deelneem, verkoop, het die uitvoerende hoof van die plaaslike reëlingskomitee, Danny Jordaan, Dinsdag gesê.

Jordaan is ook bekommerd omdat min plaaslike aanhangers kaartjies vir Bafana Bafana se Groep A-wedstryde koop.

“Dit sal die eerste keer in Wêreldbekergeskiedenis wees wat die gasheerland nie bo aan die lys van kaartjieverkope is nie,” het hy by ‘n persverklaring in Johannesburg gesê.

“Ongelukkig is Bafana nie eers in die top 10 nie. Engeland sal in hierdie stadium meer ondersteuners by hul land se wedstryde hê as wat by Bafana-wedstryde sal wees.”

“Dit sal hartseer wees as hierdie verskynsel voortduur en ek versoek plaaslike ondersteuners om hulle land te kom ondersteun.”

Bafana gaan die toernooi by Soccer City op 11 Junie teen Meksiko afskop.

 

Britse sokkerspan weier Viagra

E-pos Afdruk PDF

Die Engelse Sokker Federasie het gerugte dat Fabio Capello, Engelse sokker-afrigter, dit oorweeg om sy spelers Viagra in te gee, ontken.

Die teenimpotensiepil is veronderstel om die spelers ‘n hupstoot te gee wanneer hulle op ‘n hoër seevlak moet speel.

Volgens ‘n verslag sal Viagra die spelers se longkapasiteit in Rustenburg verbeter.

Rustenburg lê byna 5 000 voet bo seevlak.

“Die Engelse mediese span werk tans saam met deskundiges om navorsing te doen voor die Wêreldbeker volgende jaar,” het ‘n woordvoerder vir die Engeland se Sokker Federasie gesê.

“Die gebruik van Viagra is egter nog glad nie bespreek nie en ons is hoegenaamd nie van plan om dit volgende jaar aan die spelers te gee nie.”

 

Rassistiese krete kos klub duisende

E-pos Afdruk PDF

Die Italiaanse sokkerklub Cagliari is met R100 000 beboet omdat hulle ondersteuners rassistiese beledigings teenoor Juventus se middevelder, Mohamed Sissoko, gedreunsing het.

Die Italiaanse liga het die boete gister gehef nadat Sissoko, wat swart is, Sondag tydens die Serie A-wedstryd onder Cagliari-ondersteuners deurgeloop het.

Juventus is ook hierdie seisoen met R200 000 beboet nadat hulle ondersteuners beledigende liedjies oor Inter Milan se swart doelskieter, Mario Balotelli, gesing het. Die liedjies was egter, volgens die liga, nie rassisties nie.

Die twee klubs is geskeduleer om weer Saterdag teen mekaar te speel en daar heers kommer dat Juventus se ondersteuners weer van Balotelli, wat van Ghanese afkoms is, 'n teiken gaan maak. Verlede seisoen het Juventus 'n wedstryd in 'n leë stadion gespeel nadat toeskouers Balotelli uitgekryt het.

 

Laas Opdateer op Woensdag, 02 Desember 2009 08:26

Bladsy 1 van 3