Jy is hier: Sport Krieket Bepalende toets vir Indië

Bepalende toets vir Indië

E-pos Afdruk PDF

Die kolwers Suresh Raina en Dinesh Karthik is ingesluit by Indië se span vir die bepalende toets teen die Proteas wat Sondag in Kolkata begin.

Die snelbouler Shanthakumaran Sreesanth is ook ingesluit in die span wat die Indiese Krieketraad (BCCI) Dinsdag aangekondig het.

Indië het die eerste toetswedstryd in Nagpur met 'n beurt en ses lopies verloor.

Dié span sal die tweede toetswedstryd in Kolkata moet wen as hulle hul status as nommer een toetsspan in die wêreld wil behou.

Die span is: Mahendra Singh Dhoni (kapt), Virender Sehwag, Gautam Gambhir, Murali Vijay, Sachin Tendulkar, Venkatsai Laxman, Subramaniam Badrinath, Harbhajan Singh, Amit Mishra, Zaheer Khan, Shanthakumaran Sreesanth, Ishant Sharma, Pragyan Ojha, Dinesh Karthik, Suresh Raina.


blog comments powered by Disqus



Verwante artikels: