Jy is hier: Sport Gholf

Gholf

Ernie wil nie oor Tiger praat nie

E-pos Afdruk PDF

Die Suid-Afrikaanse gholfspeler Ernie Els het weggeskram van sy beskrywing van Tiger Woods as "selfsugtig", maar steeds die uitwerking wat die Woods-skandale op die sport én sy spelers het, beklemtoon.

Els het op die vooraand van die Arnold Palmer-uitnodigingstoernooi gesê sy uitlatings verlede maand was meer gemik op Woods se tydsberekening van sy openbare verskoning, wat op 'n Vrydag tydens 'n toernooi plaasgevind het, as na die kampioen self.

“Ek het net gevoel Vrydag was nie die regte dag nie,” het Els gesê. “Ons moes aan ‘n toernooi deelneem en miskien was dit ék wat selfsugtig was omdat ek eerder wou gholf speel in plaas van oor Tiger se privaat lewe gesels," het hy gesê.

“Dit is moeilik vir ons om oor Tiger te praat in so tipe situasie,” het Els gesê.

“Ek wil graag vra dat joernaliste ophou om ons oor Tiger uit te vra. Dis sy lewe en ons het niks verder daaroor te sê nie, vra ons liewer uit oor voëltjies en baansyfers."

Tiger terug

E-pos Afdruk PDF

Tiger Woods keer volgende maand terug na gholf in die Amerikaanse Meesterstoernooi op Augusta, het hy Dinsdag op sy webtuiste aangekondig.

Dié toernooi begin op 8 April.

"Die Meesters is waar ek my eerste groot toernooi gewen het en ek kyk met groot respek na die toernooi. Na 'n lang, nodige tyd weg van die spel, voel ek reg om my seisoen op Augusta te begin," het Woods gesê.

Die wêreld se voorste gholfspeler het in Desember aangekondig dat hy 'n onbepaalde vakansie van dié sport gaan neem ná sy buite-egtelike verhoudings aan die lig gekom het.

"Ek het vir sowat twee maand terapie ondergaan en ek gaan voort met my behandeling. Hoewel ek weer begin speel, is daar nog baie wat ek in my persoonlike lewe moet doen," het Woods gesê.

Ernie slaan weer 'n slag

E-pos Afdruk PDF

Suid-Afrika se gholfster Ernie Els is met mening terug nadat hy 'n effense droogte beleef het.

Verlede week was Els nog 20ste op die wêreldranglys.

Hy is nou in die toptien, op nommer 8, ná sy oorwinning Sondag by die CA-kampioenskappe.

Charl Schwartzel, nog 'n Suid-Afrikaner, het tweede geëindig.

Schwartzel was verlede week 35ste en is nou in die 27ste posisie.

Tiger Woods is nog steeds nommer een.

Die CA Championship-gholftoernooi is in Doral in die Amerikaanse deelstaat Florida gehou.

JPAGE_CURRENT_OF_TOTAL