Die voormalige nr. 1-gholfspeler Ernie Els sê Tiger Woods is selfsugtig om sy mediakonferensie te laat saamval met 'n groot toernooi.
Woods sal na verwagting Vrydag sy eerste openbare verskyning maak sedert sy buite-egtelike verhoudings drie maande gelede aan die lig gekom het.
Dít is op die derde dag van Accenture se Wêreldputjiespel-toernooi in Arizona.
"Dit is selfsugtig," het Els aan die tydskrif Golf Week gesê.
"Ek voel jammer vir die borg. Maandae is goeie dae om verklarings te maak, nie Vrydae nie. Dit neem baie weg van die toernooi."
Die konsultantegroep Accenture was een van die eerste maatskappye om bande met Woods te verbreek ná sy buite-egtelike verhoudings onthul is.
"Dit was die eerste ding waaraan ons almal gedink het, dis asof hy Accenture wil terugkry – en dat die PGA-toernooi deel van alles is," het 'n anonieme gholfspeler aan die tydskrif gesê.
Mark Steinberg, Woods se agent, het aan Golf Week gesê hy het Accenture laat weet oor die konferensie wat 11:00 gehou word.
Steinberg het vroeër gesê Woods wil "die proses van versoening begin en dit is wat hy gaan bespreek".
Hy het egter gesê dit is nie 'n nuuskonferensie nie.
Gholf
Tiger Woods is selfsugtig sê Els
Pele berispe Woods
Die Brasiliaanse sokkerlegende, Pele, het Sondag gesê Woods is ‘n swak voorbeeld vir jongmense wat na hom opgekyk het.
“Ons is almal menslik. Ons het swakhede en kan op enige gegewe tydstip breekpunt bereik, het Pele gedurende ‘n radio-onderhoud gesê.
“Ongelukkig was dit baie traumaties vir hom en sy familie. Hy het nie ‘n goeie voorbeeld gestel nie.”
Woods is sedert 27 November 2009 in die nuus, toe hy in ‘n motorongeluk buite sy huis in Florida betrokke was.
Ná die vreemde ongeluk, het ‘n seksskandaal rondom Woods se kop losgebars. Hy het later erken dat hy ontrou aan sy vrou was, en dat hy ‘n tydelike vakansie van gholf gaan neem.
Schwartzel wen Afrika Ope
Charl Schwartzel het die Afrika Opegholftoernooi Sondag met net een hou gewen.
Die wenner het die wedstryd met 272 afgesluit, ses onder baansyfer.
Schwartzel (25) is nommer een op die Suid-Afrikaanse ranglys en 66ste in die wêreld.
Nog 'n Suid-Afrikaner, Thomas Aiken, het kort op sy hakke in die tweede plek op 273 geëindig.
Bladsy 1 van 6

Gholf






