Jy is hier: Sport Atletiek

Atletiek

Semenya-geslagstoets eersdaags bekend

E-pos Afdruk PDF

Die Internasionale Vereniging van Atletiekfederasies (IAAF) sal eersdaags die uitslae van geslagstoetse op Caster Semenya gereed te hê.

’n Woordvoerder vir die IAAF, Nick Davies, het Dinsdag aan Associated Press gesê medici en opkikkerspesialiste sal ongeveer twee weke neem om die toetsresultate te analiseer.

Davies het verduidelik dat die atletiekbeheerliggaam slegs met dié konkrete bewyse ’n besluit oor Semenya kan neem.

Dit is onwaarskynlik dat die 800 m-wêreldkampioen haar medalje  sal verloor, ongeag die resultate van die geslagstoetse op haar, het die woordvoerder bygevoeg.

Vrae oor die 18-jarige Suid-Afrikaanse atleet  se werklike geslag het 'n storm ontketen ná haar oorwinning in die 800 m-wedloop vir vroue by die Wêreldkampioenskappe verlede maand in Berlyn.


Onderduimsheid of chromosoom?

E-pos Afdruk PDF

Nadat dit bekend geraak het dat wetenskaplikes selulêre materiaal deur 'n speekselmonster van die Suid-Afrikaanse atletiekster Caster Semenya aangevra het, geniet vrae oor die uitkoms van die werklike geslag van die atleet tans die wêreld se aandag.

Volgens sportwette, moet die paneel deskundiges wat die ondersoek gaan voer, 'n endokrinoloog en 'n sielkundige insluit.

Daar was al talle gevalle van doodgewone oneerlikheid en onderduimsheid, maar ook gevalle waar atlete wat as vroue geklassifiseer is, hulle hele lewe lank deurgaan met manlike chromosoommateriaal waarvan hulle nie bewus is nie.

In die 1930's is die Duitse hoogspringer Dora Ratjen ontbloot as Hermann, 'n man wat homself as 'n vrou voorgedoen het. Hy het daarna gesê die Nazi's, met hulle obsessie oor die volk se meerderwaardigheid, het hom daartoe gedwing

In 1964, is die Poolse naelloper Ewa Klobukowska met twee medaljes by die Somerspele in Tokio beloon, maar het in 1967 'n chromosoomtoets nie geslaag nie.

Die mees misterieuse geval bly egter dié van Stella Walsh, nog 'n Poolse naelloper. Sy is in 1980 in 'n gewapende roof gedood en 'n nadoodse ondersoek het aan die lig gebring dat sy manlike en vroulike geslagsdele gehad het.


Is SA se nuwe kampioen 'n man of 'n vrou?

E-pos Afdruk PDF

Image
Semenya, Woensdag in Berlyn
Die IAAF, die internasionale atletiekliggaam, het gesê daar is drie weke gelede ’n versoek aan Atletiek Suid-Afrika (ASA) gestuur om Caster Semenya, Suid-Afrika se nuwe 800m-kampioen, vir ’n geslagstoets te stuur.

Die versoek het gekom nadat sy op die Afrika-junior-byeenkoms in Mauritius die 800 in1:56.72 gewen het

Die toets is ’n besonder ingewikkelde proses en die uitslae sal eers oor ’n twee tot vier weke bekend gemaak word.

Die IAAF het 'n mediese kommissie bestaande uit 12 lede aangestel en dit sluit toevallig 'n Suid-Afrikaanse dokter in. Hulle sal ook met medici in Suid-Afrika skakel.

Dit is ironies dat Semenya by dieselfde stadion deur vrae oor haar geslag geteister word. In 1936 was die Poolse naelloper Stella Walsh onder verdenking nadat sy die silwermedalje gewen het.

Walsh het in 1932 by die Los Angeles Olimpiese Spele die goue medalje gewen. Ná haar dood in 1988 is  bevind dat sy "dubbelsinnige genitalië" gehad het wat meer manlik as vroulik was.

Tot die uitslag bekend is, mag Semenya aan wedlope deelneem.

Semenya het Woensdagaand in Berlyn die eindronde van die 800 m vir vroue met die vinnigste tyd van 1:55.45 hierdie jaar gewen, byna 20 m voor haar naaste teenstander, Janeth Jepkosgei Busienei van Kenia.

Phiwe Mlangeni-Tsholetsane, bestuurder van die Suid-Afrikaanse span, sê sy gewete is skoon. Hy wou nie bevestig of ontken dat die 18-jarige atleet van die Universiteit van Pretoria die toets tans ondergaan of nie.


Laas Opdateer op Donderdag, 20 Augustus 2009 04:08

JPAGE_CURRENT_OF_TOTAL