praag.co.za

Aktueel, aktief, Afrikaans

Vrydag, 12. Maart 2010

Bygewerk op:04:57:57 PM GMT

Jy is hier: Sport Atletiek
Facebook Twitter Digg Delicious Stumbleupon Google Bookmarks RSS Feed 
Aantal kere gelees: 718

Atletiek

Duitsers herstel hoogspringrekord van 1936

E-pos Afdruk PDF

Duitsland se atletiekvereniging het 'n hoogspringrekord van 1936 in ere herstel aan Gretel Bergmann wat daarvan gestroop was en van daardie jaar se Berlynse Olimpiese Spele deur die Nazi's verban is omdat sy 'n Jodin was.

Die vereniging sê in 'n verklaring dat die gebaar om Bergmann se sprong van 1,60 meter in die rekordboeke te herstel "op geen manier kan opmaak" vir die verlede nie maar dat dit "'n daad van geregtigheid en 'n simboliese gebaar was."

Dit het ook versoek dat die 95-jarige Bergmann in die Duitsland se sportroemsaal ingesluit sal word.

Bergmann is in Laupheim gebore maar het in 1937 na die Verenigde State geëmigreer waar sy steeds woon.

 

Semenya se toekoms nog onder bespreking

E-pos Afdruk PDF

Die IAAF het gister gesê hulle werk nog agter die skerms met Caster Semenya en die Suid-Afrikaanse regering om aangeleenthede rakende die agtienjarige atleet se geslag en toekoms op te los.

Die beherende atletiekliggaam sê hulle kan nog nie die Suid-Afrikaanse regerings se aansprake dat ‘n ooreenkoms wat Semenya sal toelaat om die wêreldtitel en die prysgeld wat sy in Augustus gewen het, te hou en dat haar geslagtoetsresultate geheim gehou sal word, bevestig nie.

‘n Segsman vir die Internasionale Assosiasie van Atletiekfederasies, Nick Davies, sê dat die partye "amper daar" is met die bereiking van komplekse onderhandelinge.

"Dit is voortydig om die inhoud van wat die Suid-Afrikaanse regering gesê het, te bespreek totdat ons sê ja, ons stem honderd persent saam daarmee," het Davies gesê. "Dit word versigtig polities op een vlak hanteer, maar ook op medies-wetenskaplike gebied.

"Uiteraard werk ons voluit agter die skerms om dit op te los. As ons gelukkig is, kom ons gou daarby uit."
Die omstandighede waaronder Semenya toegelaat sal word om haar loopbaan voort te sit, bly onseker.

Caster hou goud, geld, titel

E-pos Afdruk PDF

Die resultate van die geslagstoetse wat op die omstrede atleet, Caster Semenya gedoen is, sal ‘n geheim bly, het die departement van sport en ontspanning gesê.

“Ons het met die Internasionale Vereniging van Atletiekfederasies (IAAF) ooreengestem dat alle toetse vertroulik is en ‘n privaatsaak tussen die dokter en die pasiënt sal bly," het die departement gesê.

"Daarom sal daar geen publieke aankondiging gemaak word oor wat die paneel van wetenskaplikes bevind het nie,” het hulle luidens ‘n verklaring gesê.

Daar is bevind dat die atleet nie vir die omstandighede blameer moet word nie en dat sy haar prys wat sy in Berlyn gewen het, moet terug kry.

“Caster Semenya is onskuldig bevind en sal dus haar gouemedalje terug kry, haar titel as die 800m wêreldkampioen behou en haar prysgeld ontvang,” het die department gesê.

 

Bladsy 1 van 5