Soldate is Maandagoggend ontplooi by 37 hospitale in sewe provinsies om te help skoonmaak en bystand met gesondheidsorg te verleen, het die SA Nasionale Weermag (SANW) gesê.
"Afhangend van die aanvraag, kan 'n mediese span bestaan uit dokters, verpleegsters en noodgesondheidswerkers," sê Dlamini Siphiwe, 'n woordvoerder in 'n verklaring.
"Die SA Militêre Gesondheidsdiens ontplooi insgelyks personeel om te help met die skoonmaak van die hospitale," het hy gesê.
Die betrokke hospitale is in Gauteng, Noordwes, KwaZulu-Natal, Oos-Kaap, Limpopo, Mpumalanga en die Vrystaat.
Die Gautengse hospitale is: Natalspruit, Chris Hani Baragwanath-, Helen Joseph, Kalafong, George Mukhari, Steve Biko, Tshwane-distrik, Mamelodi, Pretoria-Wes en Tembisa.
In Noord-Wes, is soldate by Brits-hospitaal, Bophelong in Mafikeng, JT Tabane in Rustenburg, Vryburg-hospitaal en Noord-Wes-hospitaal ontplooi.
Die KwaZulu-Natal-hospitale is Koning Edward VIII, Mahatma Gandhi-gedenkhospitaal, Hoofman Albert Luthuli, Prins Mshiyeni en Stanger.
Die Dora Nzinga- en Livingstone-hospitale in die Oos-Kaap ontvang ook hulp van die SANW.
In Limpopo, is die hospitale met 'n behoefte aan hulp die volgende: Van Veldenstraat, Polokwane, Lebowakgomo, St Rita's en Maphutha-Malatji.
Die hospitale in Mpumalanga is: Witbank, Tonga, KwaMhalanga, Rob Ferreira, Ermelo en Themba.
In die Vrystaat, ontvang Bongane-, Katlego- en Pelonomi-hospitale hulp van die leër.
Hospitale in die Wes-en Noord-Kaap is nie geraak nie.

| < Vorige | Volgende > |
|---|