In die mees onlangse voorval is vier verdagtes in hegtenis geneem terwyl hulle glo op pad was om renosters by 'n wildreservaat naby Lephalale te skiet, het lt. Kol. Ronel Otto gesê.
Die mans is Dinsdag by 'n padversperring naby Vaalwater vasgekeer.
Dié vier mans, drie van Zimbabwe en een van Mosambiek, sal Donderdag in die landdroshof verskyn.
Vyf mans is drie weke terug, in 'n aparte voorval, in hegtenis geneem nadat hulle renosters op 'n wildreservaat wou stroop.
Die mans, almal van Zimbabwe, het reeds in die hof verskyn.
Hulle saak is tot Augustus uitgestel.
Volgens Otto is daar 'n moontlikheid dat dié mans ook betrokke was by voorvalle van huisrowery.
| < Vorige | Volgende > |
|---|








