Jy is hier: Nuus Suider-Afrika Staatsamptenare staak

Staatsamptenare staak

E-pos Afdruk PDF
Sowat 200 000 lede van die Vereniging van Staatsamptenare (PSA) het Donderdag regoor die land begin staak in 'n poging om beter lone af te dwing. 

Daar sal na verwagting landswye optogte plaasvind terwyl Richard Baloyi, minister van staatsdiens en openbare administrasie, verder met vakbondleiers sal vergader.

Staatsamptenare dring aan op 'n 8.6%-loonverhoging sowel as 'n behuisingstoelaag van R1000, wat terugbetaalbaar moet wees tot 1 April vanjaar.

Die regering het 'n 6,5%-loonverhoging en 'n behuisingstoelaag van R620 aangebied, terugbetaalbaar tot 1 Julie vanjaar.

Volgens Koos Kruger, Kaapstad se bestuurder van PSA sal werkers wat in 'sleutelposte' aangestel is, nie aan die staking deelneem nie.

Die Suid-Afrikaanse Demokratiese Onderwysersunie (Sadtu) het ook 'n beroep op sy lede gedoen om nie te staak nie.


blog comments powered by Disqus



Verwante artikels: