'n Ondersoek is van stapel gestuur nadat ‘n ploftoestel in ‘n motor, agter pres. Ian Khama van Botswana se kantoor gevind is.
“Die ministerie van verdediging wil die publiek inlig dat die ondersoek steeds aan die gang is. ‘n Ploftoestel was in ‘n motor gevind wat agter die kantoor van die president geparkeer was,” het die departement in ‘n verklaring gesê.
“Vrae oor wie die toestel daar geplaas het, vorm op dié stadium deel uit van die ondersoek.”
Die pakkie het tot ‘n bomdreigement gelei, en Khama se kantoor sowel as geboue in die Gaborone-omgewing was op 3 Maart ontruim.
Khama was ten tyde van die voorval op ‘n staatsbesoek aan Australië.
“Die toestel was in ‘n geseëlde harde plastiekhouer gevind. Die merke, vorm en kleur van die pakkie het laat blyk dat dit ‘n houer is wat gebruik word vir die verbryseling van granate.”
Die toestel is deur veiligheidsagente vernietig, as ‘n maatreël om verdere risiko’s te vermy.
| < Vorige | Volgende > |
|---|








