praag.co.za

Aktueel, aktief, Afrikaans

Donderdag, 11. Maart 2010

Bygewerk op:08:28:58 PM GMT

Jy is hier: Nuus Suider-Afrika Nog steeds plaasmoorde
Facebook Twitter Digg Delicious Stumbleupon Google Bookmarks RSS Feed 
KOMMENTAAR AANGEDRYF DEUR DISQUS
Aantal kere gelees: 479

Nog steeds plaasmoorde

E-pos Afdruk PDF

Die ink in die Nederlandse koerant, Trouw, is nog nie eens droog waarin plaasmoorde in Suid-Afrika onder die loep geneem is nie, of nog ‘n bejaarde boer is doodgeskiet,” aldus ds. Theunis Botha, leier van die Christen-Demokratiese Party (CDP) en waarnemende voorsitter van die Christen-Demokratiese Alliansie (CDA).

Botha het gereageer oor die insident waartydens die 70-jarige Koos van Staden van Hoedspruit deur sy venster in die nek doodgeskiet is, terwyl hy en sy vrou in hul bed geslaap het. Die aanvaller of aanvallers het voet in die wind geslaan toe mev. Van Staden teruggeskiet het.

“Wat meer kan ons doen as om weer eens ‘n beroep op die regering te maak om die aanval te veroordeel en om ministers soos Tokyo Sexwale te repudieer wat die blaam vir regeringsmislukkings op die boere plaas.

“Ons spreek ook ons meegevoel uit met mev. Henriëtte van Staden en ander naasbestaandes.




Verwante artikels:


KOMMENTAAR AANGEDRYF DEUR DISQUS