praag.co.za

Aktueel, aktief, Afrikaans

Thursday, 17. May 2012

Bygewerk op:04:37:53 AM GMT

Jy is hier: Nuus Suider-Afrika Zambië se ekonomie kry hupstoot met SA-beleggings

Zambië se ekonomie kry hupstoot met SA-beleggings

E-pos Afdruk PDF

Suid-Afrikaanse sakeondernemings beplan om ten minste R4-miljard in Zambië, hoofsaaklik in die mynbou en landbou oor die volgende twee jaar, te belê, het 'n minister gister gesê.

Zambië se minister van handel en nywerheid, Felix Mutati, het dit aan 'n afvaardiging van entrepreneurs uit beide lande, te midde van pres. Jacob Zuma se besoek aan Zambië, bekendgemaak.

Zuma is in die koperrykeland met 'n afvaardiging van ministers en 60 sakemanne en sal sy besoek Donderdag afsluit.

"Ons sal beleggings uit Suid-Afrika, wat 600-miljoen dollar oorskry en wat binne twee jaar sal inkom, sien," het Mutati gesê.

Mutati sê dat die beleggings in nywerhede, die mynwese insluit asook in landbou, vervaardiging en ander sektore.

Volgens die departement van handel en nywerheid het Suid-Afrikaanse uitvoere na Zambië gestyg van sewemiljoen rand in 2006 tot omtrent R16,3-miljoen in 2008.

 


blog comments powered by Disqus



Verwante artikels: