Die DA en sy alliansievennote het beheer van Stellenbosch uit die greep van die ANC geworstel.
Hulle het die burgemeesters- en onderburgemeestersposisies tydens 'n munisipale vergadering beklink, wat vir hulle die beheer van die munisipaliteit gee.
Die DA se Cyril Jooste is as burgemeester verkies en hy vervang Patrick Swartz wat deur 'n mosie van wantroue verwyder is, tesame met die speaker, Gordon Pheiffer. Die onderburgemeester, Cameroon Mcako, het bedank.
| < Vorige | Volgende > |
|---|





