Die sakeman, Patrice Motsepe, sal nasionalisering van die land se myne ondersteun indien dit in die land se beste belang is, het SAUK-radio gister gerapporteer.
"My opvatting was nog altyd dat as nasionalisering in die beste belang van Suid-Afrika is, ek dit sal ondersteun, of dit nou nasionalisering is, en of dit nou sosialisme is... indien dit die beleid is wat verbetering, opheffing en 'n beter lewe sal skep, beter lewensomstandighede..." het die miljardêr en uitvoerende hoof van African Rainbow Minerals gesê tydens die oorhandiging van 'n landelike opheffingskema in Limpopo.
Die ANC-Jeugliga se leier, Julius Malema, het onlangs 'n oproep gedoen vir myne om in die hande van die staat geplaas te word, wat hom die argwaan van die opposisiepartye en georganiseerde sakewêreld op die hals gehaal het.
| < Vorige | Volgende > |
|---|





