‘n Polisiebeampte in Malawi sê ‘n eenjarige kind is dood toe ‘n reeks aardbewings dié land die afgelope drie dae getref het.
Die mees onlangse aardbewing het Dinsdag die land getref.
Enock Levason, 'n polisiewoordevoerder in die Karongo-nedersetting, sê die kleuter is Dinsdag dood toe ‘n kombuis inmekaar geval het. Ses ander mense is na 'n hospitaal geneem.
Levason sê daar kan meer sterftes wees en dat meeste van die modderhuise wat rondom die episentrum van die aardbewing gebou was, verkrummel het.
Volgens geoloë is aardbewings en skuddings 'n risiko in dele van Malawi wat op die Groot Skeurvallei lê.
Geoloë sê Dinsdag se aardbewing het 5.9 op die Richterskaal gemeet en was die grootste aardbewing van dié reeks wat die afgelope drie dae die land geruk het.
| < Vorige | Volgende > |
|---|





