Suid-Afrika het 'n verklaring uitgereik waarin aansienlike toegewings in terme van kweekhuisgasbeperkings voorgestel word op die vooraand van die klimaatspitsberaad.
Die regering is bereid om vrywillig kweekhuisgasvrystelling teen 2020 met 34% in te kort en teen 2025 met 45% van die beraamde uitset.
Die aanbod geld egter slegs indien sekere voorwaardes nagekom word, in navolging van Indië en China se standpunte oor die aangeleentheid.
Dit sluit omder meer die nodige finansiering vir klimaatsverwante aanpassings deur ryk lande in.
| < Vorige | Volgende > |
|---|





