praag.co.za

Aktueel, aktief, Afrikaans

Thursday, 17. May 2012

Bygewerk op:04:37:53 AM GMT

Jy is hier: Nuus Suider-Afrika Twee myners nog vas

Twee myners nog vas

E-pos Afdruk PDF

Die soektog na twee mynwerkers, wat ondergronds vasgekeer is, duur steeds voort nadat seismiese skokgolwe Goldfields se Driefontein-myn geruk het.

“Ons maak stadige maar goeie vordering,” het die Julian Gwillim, die maatskappy se woordvoerder, gesê.

Teen 19:00 Maandagaand was reddingswerkers steeds sowat 2.5km ondergronds besig om rotsstukke te skuif.

Twee van die drie mense wat ook in die voorval beseer is, is reeds uit die hospitaal ontslaan.

Die myn se agt skagte sal gesluit bly totdat ‘n inspekteur hulle veilig verklaar.




blog comments powered by Disqus



Verwante artikels: