praag.co.za

Aktueel, aktief, Afrikaans

Donderdag, 11. Maart 2010

Bygewerk op:08:28:58 PM GMT

Jy is hier: Nuus Suider-Afrika Afrika net so sonnig as korrup
Facebook Twitter Digg Delicious Stumbleupon Google Bookmarks RSS Feed 
KOMMENTAAR AANGEDRYF DEUR DISQUS
Aantal kere gelees: 474

Afrika net so sonnig as korrup

E-pos Afdruk PDF

Afrika is net so sonnig as wat dit helaas korrup is. En dit sonder die komplimente van apartheid.

Simon Rozendaal, 'n Nederlandse korrespondent, het onlangs na Zambië gereis nadat Nederland, Swede en Kanada, asook verskeie hulporganisasies, die ontwikkelingshulp wat hulle bewillig het aan die Zambiese gesondheidsministerie, gestaak het. 'n Netwerk van korrupsie is ontbloot wat aanleiding tot die opskorting van die hulpgeld gegee het.

Van die Nederlandse ontwikkelingsgeld is onder meer 'n Hummer gekoop om op die net ses geteerde paaie in die land te gaan kerjakker. Op die voorblad van 'n Zambiese koerant, word daar Donderdag nietemin gemeld dat Nederland Zambië natuurlik nie in die steek gaan laat nie.

Een en ander bevestig wat die ekonoom Dambisa Moyo, self Zambies, in haar boek ‘Doodlopende hulp’ skryf, naamlik dat alle hulpgeld in 'n arm land onafwendbaar tot korrupsie lei.

Moyo dink trouens dat selfs die gewapende konflikte in Afrika deels te herlei is na skenkings van Westerse geld. Sy meen dat hulpgeld vir die volgende 25 jaar gestaak moet word sodat Afrika kan leer om op eie bene te staan.

Daarmee saam moet met die Europese tariewe op landbou-invoere weggedoen word en boere in Afrika moet vryelik kan uitvoer, sê sy. Moyo voel dat begrotingsteun eerder aan Afrikalande gegee moet word.

Die werklikheid is egter dat 20% van die Nederlandse hulp aan Zambië, wat nou gestaak is, juis begrotingshulp was!

Ten spyte van Den Haag se dwaling, het die EU intussen besluit dat Afrika meer ontwikkelingshulp behoort te kry.

Maar die voordele vir swart ontvangers van hulp is nie beperk tot Zambië nie. In dieselfde Zambiese koerant van Donderdag is 'n berig oor die president van Senegal wat 'n afskeidspartytjie gereël het vir 'n amptenaar van die Internationale Monetêre Fonds, die IMF. Toe die amptenaar die koevert wat die president aan hom gegee het, op die vliegtuig onderweg na Spanje oopmaak, vind hy $200 000 daarin.

Aangesien die man van Europa is, het hy toe maar die koevert aan die Senegalese ambassade in Madrid gaan teruggee...

 




Verwante artikels:


KOMMENTAAR AANGEDRYF DEUR DISQUS