praag.co.za

Aktueel, aktief, Afrikaans

Vrydag, 12. Maart 2010

Bygewerk op:04:57:57 PM GMT

Jy is hier: Nuus Suider-Afrika Malema: 'Jansen is een van ons'
Facebook Twitter Digg Delicious Stumbleupon Google Bookmarks RSS Feed 
KOMMENTAAR AANGEDRYF DEUR DISQUS
Aantal kere gelees: 468

Malema: 'Jansen is een van ons'

E-pos Afdruk PDF

Die president van die ANC-jeugliga, Julius Malema, steun die rektor van die Universiteit van die Vrystaat, prof. Jonathan Jansen, in sy besluit oor die Reitz-vier.

Malema was laat vir sy vergadering met Jansen, maar het gesê Jansen het sy volle ondersteuning.

"Ons stem nie saam dat Jansen afgedank moet word nie," het Malema aan joernaliste ná die vergadering gesê.

"Jansen is een van ons. Ons kan hom nie aan die vyand voer nie."

Malema het gesê die ANCYL kan nie die studente verhoed om na die kampus terug te keer nie, maar sê dissiplinêre stappe moet teen hulle gedoen word.

"Hulle moet om verskoning vra en berou toon as hulle terugkom."

Hy het gesê die ANCYL het aan die rektor gesê sekere dinge by die kampus moet verander.

Malema het aan studente gesê die Reitz-kwessie is nie oor individue nie, maar oor die instansie.

Hy het gesê die ANCYL stem saam met Jansen dat 'n soortgelyke proses soos dié van die Waarheids-en-Versoeningskommissie by dié universiteit ingestel moet word.

Malema het ook Jansen se stelling dat dié universiteit steeds rasverdeeld is, beaam.

Jansen het onlangs aangekondig dat die voormalige studente na dié universiteit kan terugkeer en hul studies kan voortsit.

RC Malherbe, Johnny Roberts, Schalk van der Merwe en Danie Grobler staan steeds tereg op aanklag van crimen injuria.

Twee van die vier beskuldigdes het reeds hul graadkursusse voltooi, maar die ander twee gaan terug kampus toe.

Die vier Kovsies het 'n grappige video gemaak wat die universiteit in 'n rasseherrie gedompel het.

 




Verwante artikels:


KOMMENTAAR AANGEDRYF DEUR DISQUS