praag.co.za

Aktueel, aktief, Afrikaans

Donderdag, 11. Maart 2010

Bygewerk op:08:28:58 PM GMT

Jy is hier: Nuus Suider-Afrika Onteieningswet dalk onttrek
Facebook Twitter Digg Delicious Stumbleupon Google Bookmarks RSS Feed 
KOMMENTAAR AANGEDRYF DEUR DISQUS
Aantal kere gelees: 3820

Onteieningswet dalk onttrek

E-pos Afdruk PDF
Die omstrede Onteieningswet, wat die toekoms van landbou en voedselsekuriteit in Suid-Afrika op die spel plaas, gaan waarskynlik onttrek word.

Dit kan gebeur omdat die wet ’n moontlike regering onder Zuma kan benadeel asook vanweë teenkaning van Thoko Didiza, minister van openbare werke.

Die parlement het gister ’n kennisgewing uitgestuur waarvolgens die wet onttrek mag word.

Didiza het klaarblyklik tydens die presidensiële werkgroep oor landbou te kenne gegee dat die wet in sy huidige vorm nie deur die parlement aanvaar kan word nie.

Omdat die wet onder Thabo Mbeki vorm aangeneem het kan die promulgering daarvan ondermynend vir ’n Zuma-regering wees.

Die moontlikheid van ’n aangepaste wet ná die verkiesing volgende jaar kan egter nie uitgesluit word nie.



Verwante artikels:


KOMMENTAAR AANGEDRYF DEUR DISQUS