praag.co.za

Aktueel, aktief, Afrikaans

Vrydag, 12. Maart 2010

Bygewerk op:04:57:57 PM GMT

Jy is hier: Nuus Suider-Afrika Gaan sinkgate die Gautrein sink?
Facebook Twitter Digg Delicious Stumbleupon Google Bookmarks RSS Feed 
KOMMENTAAR AANGEDRYF DEUR DISQUS
Aantal kere gelees: 4216

Gaan sinkgate die Gautrein sink?

E-pos Afdruk PDF
Nog 'n sinkgat in Centurion het blykbaar twyfel laat onstaan oor die Gautrein se beplande roete.
Die sinkgat is op die hoek van Fitzpatrickweg en Hans Strijdomrylaan in Lyttelton.

Die Tshwane-metro in Pretoria het ontruimingsbevele op twee inwoners bedien.

'n Lid van die burgemeesterskomitee, Subesh Pillay, weet nie wat die oorsaak is nie, maar plaaslike inwoners sê die dolomitiese grondtoestand is daarvoor verantwoordelik.

'n Paar honderd meter oos van die jongste sinkgat is 'n aantal geboue reeds afgebreek en ander ontruim omdat die grond gesak het.

Indien sinkgate die viadukpilare beïnvloed, sal die hele projek tot stilstand kom terwyl 'n grootskaalse en duur ompad gebou word, het die DA se vervoerwoordvoerder, James Stewart, gesê.



Verwante artikels:


KOMMENTAAR AANGEDRYF DEUR DISQUS