Die ANC-alliansevennote het ontdek dat nie alleen Chris Hani se graf geskend is nie, maar ook dié van Joe Slovo.
Om Chris Hani se graf te skend was 'n lafhartige daad is, het die vakbond Nehawu gister gesê.
"Ons veroordeel hierdie gruwelike daad van boewery en lafhartigheid en doen 'n beroep op die wetstoepassingsagentskappe om hierdie voorval te ondersoek en die skuldiges agter tralies te sit," het Nehawu se woordvoerder Sizwe Pamla in 'n verklaring gesê.
Hy het gesê die vryheid wat die vandale geniet is teweeg gebring deur mense soos Hani, wat geveg het teen ongelykheid en onderdrukking.
Die SA Kommunistiese Party, waarvan Hani sekretaris-generaal was, het gesê hulle is "kwaad en diep seergemaak" deur die ontheiliging.
"Wat meer verontrustend is, is dat dit blykbaar 'n berekende stap teen voormalige SAKP-leiers is. Aan die begin van verlede jaar is ontdek dat die grafsteen van wyle comrade Joe Slovo, ook gevandaliseer is," het woordvoerder Malesela Maleka het gesê in 'n verklaring.
Vroeër, het die Ekurhuleni-munisipaliteit aangekondig dat R23 000 se skade aan Hani se grafsteen veroorsaak is.
"[Munisipale] werknemers berig dat Hani se grafsteen geskend is, en 'n duik wat lyk soos 'n koeëlmerk ontsier die boonste regterkantste hoek," het die burgemeester Mondli Gungubele in 'n verklaring bekendgemaak.
"Eintlik het ek ons ondersoekspan opdrag gegee om geen steen onaangeroer te laat in die ondersoek na hierdie insident nie sodat die skuldiges agter tralies kom, waar hulle hoort."
Die munisipaliteit het R23, 000 vir die grafsteen se herstel beskikbaar gestel. Dit sal na verwagting binne drie weke reg wees, net voor die herdenking begin.
"Chris Hani was 'n vredeliewende politikus, 'n onselfsugtige leier wat die belange van alle Suid-Afrikaners voor sy eie en dié van sy familie geplaas het... Dit daag dus alle logika uit dat iemand so 'n gebrek aan respek vir so 'n groot leier kan hê," het Gungubele sê.
Pamla het gesê dit sal "meer as 'n lafhartige daad vat om die nalatenskap van kameraad Chris Hani uit die geskiedenis van Suid-Afrika te wis, omdat sy nalatenskap in die harte van alle progressiewe Suid-Afrikaners leef".
Maleka het hierdie sentiment herhaal: "Geen mate van bespotting van ons kollektiewe geheue vee die trotse rol wat kameraad Chris Hani gespeel het en wat hy verteenwoordig uit nie".
| < Vorige | Volgende > |
|---|





