Dit kom nadat die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasseverhoudinge (SAIRR) die dalende status vir Afrika-tale in die onderwys bevestig het. Die verslag toon dat 92% van die leerlinge deur matriek, in Engels of Afrikaans leer, ten spyte van die feit dat dit nie hul huistaal is nie. Dit is 'n faktor wat Dikotla meen 'n groot deel van die rede is waarom Suid-Afrika so swak presteer in skole.
"As die medium van onderrig nie die taal is wat by die huis gepraat word nie, veral wanneer die ouers ongeletterd is, hoop leerprobleme op en kanse vir uitvalle word groter," sê Dikotla. "Daar is ook genoeg navorsing wat toon dat die studente vinniger leer om te lees en ander akademiese vaardighede bekom wanneer hulle eerste in hul moedertaal geleer het."
"As ons nie ons Afrikatale ontwikkel nie, ten spyte van hierdie dwingende redes om dit te doen, dan stel ons nie belang in die opvoeding van ons kinders nie." As die vorige politieke bedeling hierdie doelwit kon bereik met Afrikaans deur geld en politieke ondersteuning, is daar geen rede hoekom dit nie bereik kan word met Afrika-tale nie, het Dikotla bygevoeg.
Hy sê Afrika-tale is agter Engels en Afrikaans in terme van die nodige hulpbronne soos literatuur en handboeke, asook onderwysers wat vaardig is. Suid-Afrika het egter die tersiêre instellings en akademici wat beskikbaar is die situasie om te keer, maar hang nou van die politieke wil en finansiële steun af.
Nog 'n rede hoekom Dikotla glo dis so moeilik vir die samelewing om te aanvaar dat kinders beter leer deur hul moedertaal is dat baie beleidmakers glo dat die gebruik van net één amptelike taal, soos Engels, die beste manier is vir alle burgers om te kan kommunikeer met mekaar, om die land te verenig en wêreldwye ekonomiese deelname te verseker.
"Niks kan verder van die waarheid wees nie!" sê Dikotla. "Bo en behalwe die taalbeleid, sal eenheid net soveel afhang van ekonomiese vooruitgang, regverdige verdeling van rykdom, geregtigheid, 'n responsiewe politieke stelsel en gelyke toegang tot die fasiliteite wat deur die Staat voorsien word."
Net so, sê hy het 'n paar ouers en kinders gekies vir die gebruik van 'n vreemde medium van onderrig uit onkunde oor die vele voordele huistaalonderrig, wat sosiale identifikasie met 'n mens se gemeenskap insluit.
"Moedertaalonderrig is die enigste oplossing vir van die probleme wat ons in die gesig staar in die onderwys in hierdie land," het hy afgesluit. "Enigeen wat dink dat hierdie roete te duur of nie die moeite werd gaan wees nie, moet onkunde probeer veins."
| < Vorige | Volgende > |
|---|





