| Wit asielaansoeke klim |
|
|
|
| Geskryf deur timeslive-praag | |||
| Donderdag, 23 Februarie 2012 09:41 | |||
|
'n Suid-Afrikaanse gesin wat desperaat is om in die VSA te bly weens rassisme in Suid-Afrika, was geskok om te hoor dat die media weet van hulle aansoek.
"Hulle was geskok om te hoor dat 'n verslaggewer inligting soek en hulle het geen kommentaar nie. Hulle wil beslis nie uitpraat nie as gevolg van privaatheid en veiligheid," sê hul regsverteenwoordiger. Intussen het studentemaats van professor Mark Behr, van Rhodes College, in Memphis, Tennessee, wat die gesin se aansoek verwerp het op grond daarvan dat hulle wit en Afrikaans is, gesê Behr het nooit in sy studenteloopbaan Afrikaans gepraat nie, en hulle verstaan ook nie waarom hy skielik na homself as 'n Afrikaner verwys nie. Sy bekroonde roman is glo uit Engels vertaal en as 'n "Afrikaanse" boek aangebied deur sy Kaapse uitgewer. Jaco Strauss "onthou hom as iemand wat vreeslik graag Engels gepraat het". Strauss is verbaas oor Behr se aanspraak op Afrikanerskap. "Moet sê dis die eerste keer dat ek hoor iemand verwys na hom as 'n Afrikaner," het hy gesê.
Strauss sê Behr sou homself destyds verseker nie as Afrikaner "ge-etiketeer" het nie omdat hy so polities links was. Dit het ook "jare later aan die lig gekom dat hy 'n kampusspioen was" sê Strauss. Behr het self later gebieg dat hy 'n dubbele agent was. Volgens Strauss het Behr "selfs destyds een nag sy motor se eie bande gesny om slagofferstatus te probeer kry. Nou wil hy nie regte slagoffers bystaan nie." Behr - wat 'n bekroonde Suid-Afrikaanse skrywer is, het gesê hy glo nie enige "regdenkende akademikus" sal die gesin ondersteun nie. "Dit is, helaas, net 'n rassisme van hul eie maaksel, in hul eie gedagtes. "Laat ek byvoeg, dat ek ook praat as 'n wit Afrikaner, uit 'n familie van boere, mense wat hulle plase verloor het wat hulle besit het in Afrika, en met my eie diep empatie vir alle mense wat lewe van die grond in Suid-Afrika," het Behr gesê. Behr se gesin moes uit Tanzanië na Suid-Afrika vlug nadat hul plaas daar onteien is. Die Behrs was boere in die distrik van Oljorro, Arusha, Tanzanië, toe nog Tanganjika. Na afloop van die nasionalisering van plase in wit besit tydens die implementering van President Julius Nyerere se Ujamaa-beleid van Afrika-sosialisme in 1964, het die Behr-gesin na Suid-Afrika gekom. Die wit gesin in die VSA tans is nie alleen in 'n poging om te vlug van post-apartheid Suid-Afrika nie. Volgens die jongste statistiek van die Amerikaanse Departement van Binnelandse Veiligheid, is daar aan sowat 129 Suid-Afrikaners tussen 2001 en 2010 asiel verleen. Immigrasiebeamptes in Nieu-Seeland het gesê dat reeds 48 Suid-Afrikaners sedert 2006 aansoek gedoen het om die status van vlugtelinge. Almal is verwerp. Duitsland se Federale Buro vir Migrasie en Vlugtelinge het nege aansoeke om asiel tussen 2009 en 2011 ontvang. Russell Kaplan, die prokureur vir die Suid-Afrikaanse Brandon Huntley, wat nog veg vir vlugtelingstatus in Kanada, het gesê die tendens is aan die toeneem. "My firma is betrokke in ander Suid-Afrikaanse eise - ek verkies om nie om te sê hoeveel nie - en ek praat voortdurend met baie wit Suid-Afrikaners elke maand wat toenemend vrees vir hulself en hul gesinne," het Kaplan gesê. Gary Eisenberg wat spesialiseer in immigrasie-wetgewing, het gesê dat, hoewel die onderwerp baie kompleks is, hy glo dat baie aansoekers 'n geldige saak het. "Daar bestaan, byvoorbeeld, inskrywingskwotas vir blankes aan universiteite, en 'n SEB-beleid, die beperking op die huur van die wit kandidate in die privaatsektor," sê Eisenberg. "As hierdie maatreëls geïnterpreteer word as die staat wat diskriminasie borg of ondersteun op grond van kleur of rasseklassifikasie, byvoorbeeld, dan is 'n dit 'n duidelike geval van diskriminasie in terme van die asielreëls van Westerse lande, soos die Verenigde Koninkryk, Kanada en die VSA. " Maar Eisenberg het gesê dit sal moeilik wees vir iemand om vir asiel aansoek te doen op die basis dat hy gevoel het dat die staat die hoë vlakke van misdaad in die land steun of borg. Adriana Stuijt, 'n afgetrede Nederlands-gebore joernalis wat in Suid-Afrika gewerk het, het beraam dat daar byna 800 Suid-Afrikaners is wat as vlugtelinge regoor die wêreld woon. Stuijt het 'n blog wat die aantal vlugtelinge monitor en is 'n lid van die Afrikaner Reddings-Aksie Fonds, wat in Nederland begin is om arm Afrikanergemeenskappe te help. "Die jongste geval is 'n Suid-Afrikaanse Afrikaans-sprekende man van Duitse afkoms wat drie maande gelede in die noorde van Duitsland aansoek gedoen het. Hy het as gevolg van verskeie voorvalle van geweld en dreigemente vir sy lewe gevlug," sê Stuijt. "In die nuutste groep asielsoekers, vanaf 2011 en 2012, vind ek dikwels Afrikanerindividue of gesinne, die meeste van hulle van boerderygebiede. "Sommige word geborg deur die Amerikaanse gesinne en godsdienstige gemeenskappe en is steeds in die asielproses in verskeie deelstate." Honduras het die hoogste moordsyfer in die wêreld - 159 moorde per 100,000 inwoners. In Suid-Afrika is die moordsyfer op boere meer as 300 per 100,000, volgens kriminoloë.
Maar Lucy Holborn, navorsingsbestuurder by die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasseverhoudinge, het gesê statistiek toon nie aan dat Afrikaners meer geneig is om misdaadteikens te wees nie. "Die meerderheid van die slagoffers van misdaad in Suid-Afrika is swart," sê Holborn. Dave Steward, uitvoerende direkteur van die FW de Klerk-stigting, het gesê Suid-Afrika is ten spyte van 'n "paar bedreigings" ivm basiese menseregte, soos die Inligtingswet, hoegenaamd nie in 'n situasie waar mense moet aansoek doen om asiel nie. "Die situasie op die plase is redelik krities, maar of dit 'n gevolg is van regeringsaktiwiteit - dikwels die vereiste vir politieke asiel - is 'n ander saak." Gister het die woordvoerder vir Binnelandse Sake, Ronnie Mamoepa gesê dit is onmoontlik om te sê hoe baie Suid-Afrikaners het asiel of is by vlugtelingeprogramme ingeskakel.
|
|||
| Laas Opdateer op Donderdag, 23 Februarie 2012 10:56 |
| Verwante artikels: |
|---|
|





