praag.co.za

Aktueel, aktief, Afrikaans

Thursday, 17. May 2012

Bygewerk op:04:37:53 AM GMT

Jy is hier: Nuus Suider-Afrika 'Mandela is verraai'

'Mandela is verraai'

E-pos Afdruk PDF

Die ANC-leierskap is "onsensitief" en "gee nie om nie" nadat partybase nie die begrafnis van Nelson Mandela se suster, Nosithile Bulehluthi, bygewoon het nie.

Mfundo Mtirara, 'n verteenwoordiger van die Mandela- en Bulehluthi-gesinne, het 'n striemende aanval teen die ANC geloods nadat sy plaaslike, provinsiale en nasionale leierskap die begrafnis in Mthatha, Oos-Kaap, geïgnoreer het.

"Dit wys dat mense wat jy jou kamerade noem, assosieer net met jou in tye van blydskap en roem," het hy gesê.

"Ons is almal lief vir die ANC en sal dit nooit verlaat nie, maar soms is dit 'n verleentheid vir ons," sê die woedende Mtirara. Die begrafnis is bygewoon deur honderde roubeklaers, insluitende Mandela se vrou, Graça Machel.

Ook by die begrafnis was Mandela se huisbestuurder Même Kragara, Mandla Mandela, sy twee vroue, David Petrus en Nodiyala, sy moeder, Nolusapho Mandela, en Mandela-ouderlinge.

Mtirara het gesê Madiba het nie tronkstraf uitgedien vir sy eie selfsugtige behoeftes nie, maar vir die aktiwiteite van die ANC as 'n organisasie wat die bevryding van Suid-Afrika nagestreef het.

"Maar vandag, is die ANC-leierskap nie hier om te huil saam met Dalibhunga se familie en sy suster te begrawe nie - sy laaste naaste gesinslid.

"Ek is ontsteld want ek het persoonlik [ANC-leiers oor die begrafnis] gebel," sê Mtirara, 'n ANC-raadslid in die King Sabata Dalindyebo-munisipaliteit.

Hy het gesê Mandela wou die begrafnis bywoon, maar kon nie weens sy gesondheid.

"Ons is baie teleurgesteld en voel verraai deur die ANC," het hy gesê.

Bulehluthi was Mandela se jonger suster, een van Nodayimani se kinders, wat een van die vier vroue van Mphakanyiswa Gadla Mandela, Mandela se pa was.

Haar begrafnis het saamgeval met die 22ste herdenking van die dag toe Mandela uit die tronk vrygelaat is. Sy is oorlede op 28 Januarie.

Mandela was geskok deur die dood van sy suster, aan wie hy baie geheg was, sê sy seun.


blog comments powered by Disqus



Verwante artikels: