praag.co.za

Aktueel, aktief, Afrikaans

Thursday, 17. May 2012

Bygewerk op:04:37:53 AM GMT

Jy is hier: Nuus Suider-Afrika Polisie vas vir platinumhandel

Polisie vas vir platinumhandel

E-pos Afdruk PDF
Twee polisiekonstabels sal in die Polokwane-landdroshof verskyn vir beweerde onwettige platinumhandel, het die polisiewoordvoerder in Limpopo, gister gesê.

Tebogo Motau, 28, en Rudzani Nefuri, 27, het Vrydag in die hof verskyn, sê brigadier Hangwani Mulaudzi, in 'n verklaring. Die saak is tot Woensdag uitgestel.

Motau is verbonde aan die sigbare polisiëringseenheid. Nefuri is 'n lid van die polisie se taktiese reaksiespan.

Hulle is Donderdag in hegtenis geneem na 'n wenk dat hulle na bewering op soek is na kopers vir platinum ter waarde van R1.2 miljoen.

Mulaudzi het gesê die oorsprong van die platinum vorm ook deel van die ondersoek.


blog comments powered by Disqus



Verwante artikels: