praag.co.za

Aktueel, aktief, Afrikaans

Thursday, 17. May 2012

Bygewerk op:04:37:53 AM GMT

Jy is hier: Nuus Suider-Afrika ANC-raadslid wat eiendom onwettig verkoop, geskors

ANC-raadslid wat eiendom onwettig verkoop, geskors

E-pos Afdruk PDF
'n ANC-wyksraadslid wat skuldig bevind is aan die onwettige verkoop van die raad se eiendom, is geskors uit sy Johannesburgse posisie met onmiddellike effek, het die party Sondag gesê.

"Hy het die party in die verleentheid gestel en sal dissiplinêr verhoor word," het woordvoerder Jolidee Matongo gesê.

Die besluit om Nkhasi, die raadslid vir Wyk 28, te skors is deur die LUR vir plaaslike regering en behuising Humphrey Memezi geneem en is verwelkom deur die ANC in die Johannesburg-streek, het Matongo gesê.

"Die LUR het opdrag gegee dat 'n strafsaak geopen word wat in die loop van die week sal gebeur," het hy gesê.

In 2008, het Nkhasi grond in Diepkloof aan 'n kerkgroep, Together As One Church of Christ, verkoop vir R15 000.

Na 'n vraag oor die geldigheid van die oordragdokumente opgeduik het, het die kerk 'n anonieme oproep ontvang waarin hulle gewaarsku is om bouery op die grond te staak of iemand sal doodgemaak word.

Nkhasi het daarna gesê die kerk kan nie langer die grond koop nie en die R15 000 terugbetaal. Maar die kerk het toe reeds R11 000 op boumateriaal uitgegee waarvoor hulle nie vergoed is nie.

Matongo het gesê dat 'n tussenverkiesing gehou sal word en dat die raad wag vir die Onafhanklike Verkiesingskommissie om beskikbare datums te gee.



blog comments powered by Disqus



Verwante artikels: