praag.co.za

Aktueel, aktief, Afrikaans

Thursday, 17. May 2012

Bygewerk op:04:37:53 AM GMT

Jy is hier: Nuus Suider-Afrika Jeugliga stoom voort

Jeugliga stoom voort

E-pos Afdruk PDF
Die beleërde ANC Jeugliga-leiers se verskyning voor die ANC se nasionale dissiplinêre komitee ter versagting van hul vonnisse, sal Maandag begin.

Die liga het die mediakonferensie na afloop van die nasionale uitvoerende lekgotla gekanselleer, het die ANC-jeugliga se woordvoerder Floyd Shivambu in 'n verklaring gesê.

Die lekgotla is by die St. George's-hotel in Centu­rion gehou. Adj.pres. Kgalema Motlanthe het ook die byeenkoms toegespreek. Hy is entoesiasties deur die skare begroet.

Motlanthe het gedurende sy toespraak gesê die ANC het die Jeugliga gefaal deur nie vir hulle leiding te gee nie.

Verlede Saterdag het die ANC aangekondig dat die ANC-jeugligapresident Julius Malema, Shivambu, en vier ander ANCJL-amptenare ter versagting teen hul skorsings kan appèlleer.

Malema het dit by die lekgotla duidelik gemaak dat die ANC-jeugliga beplan om pres. Jacob Zuma in Desember in Mangaung by die ANC-kongres te onttroon. Hulle eis die nasionalisering van myne en die onteiening van grond.

"Die ANC hou in Desember sy 53ste verkiesingskongres en ons missie is eenvoudig: Om die stryd vir ekonomiese vryheid in ons leeftyd te konsolideer," het Malema gesê.

Malema sê die vraag is of die huidige ANC-leierskap Suid-Afrika "vorentoe" sal kan neem.

Malema sê die Vryheidshandves bepaal dat rykdom en grond in die geheel aan die mense oorgedra moet word, en nie dat belasting gehef word op inkomste nie.

Malema sê die ANC se voorlopige verslag oor nasionalisering maak nie net 'n bespotting van die Vryheidshandves nie, maar ook 'n bespotting van die ANC se nasionale algemene raad se besluite in 2010 in Durban.


blog comments powered by Disqus



Verwante artikels: