Een wa is geheel en al uitgebrand, terwyl twee ander kwaai beskadig is, het die streeksbestuurder, Lindelo Matya, gesê.
Die brand het omstreeks 11:00 Donderdag uitgebreek. Geen beserings is aangemeld nie.
Matya sê hulle vermoed dat opsetlike brandstigting vir die voorval verantwoordelik is. Die skade sal glo etlike miljoene rand beloop.
Agt treinwaens is reeds die afgelope ses maande aan die brand gesteek.
"Die verlies aan (die drie waens) verminder ons kapasiteit om reisigers op 'n baie besige roete te bedien, Ons kliënte dra die gevolge van onverantwoordelike, lafhartige optrede," het hy gesê.
Metrorail het 'n beloning van tot R25 000 gebied vir inligting wat sal lei na 'n suksesvolle skuldigbevinding.
| < Vorige | Volgende > |
|---|





