praag.co.za

Aktueel, aktief, Afrikaans

Friday, 25. May 2012

Bygewerk op:04:29:19 AM GMT

Jy is hier: Nuus Suider-Afrika SA-leerlinge wil in Engels, Afrikaans leer

SA-leerlinge wil in Engels, Afrikaans leer

E-pos Afdruk PDF
Meer as 60 persent van Suid-Afrika se leerlinge kies Engels vir leer en onderrig, het die Suid-Afrikaanse Instituut van Rasseverhoudings Dinsdag gesê.

Dit was ten spyte van die feit dat slegs sewe persent van die land se leerlinge (852,000 van 12.2 miljoen) Engels by die huis praat.

'n Totaal van 7,6 miljoen leerlinge wil in Engels onderrig word, het die instituut se SA Survey bevind.

Net so, oorskry die aantal leerlinge wat in Afrikaans wil leer die aantal studente wat die taal by die huis praat.

Zoeloe is die mees gesproke huistaal, met meer as 3,1 miljoen leerlinge.

Ongelukkig verkies minder as 'n derde van hierdie leerlinge om in Zoeloe geleer te word.

Dieselfde tendens is waar van Xhosa, Tswana, Pedi, Swati, en Venda-sprekende leerlinge.

Minder as 'n kwart van leerlinge wie se huistaal, Ndebele, Sotho, of Tsonga is, het verkies om in hierdie tale te leer.

"Die meerderheid van die leerlinge ontvang onderrig in Afrika-tale in die grondslagfase, maar skakel oor na Afrikaans of Engels as hul onderrig- en leertaal van so vroeg as graad vier," sê Jonathan Snyman, 'n navorser by die instituut.

Hy het gesê die afname in Afrika-tale is 'n gevolg van die keuses wat ouers en leerlinge vroeg in hul skoolopleiding neem.


blog comments powered by Disqus



Verwante artikels: