praag.co.za

Aktueel, aktief, Afrikaans

Wednesday, 30. May 2012

Bygewerk op:07:00:31 AM GMT

Jy is hier: Nuus Suider-Afrika 'In ons toekoms sal jy nie omgee nie'

'In ons toekoms sal jy nie omgee nie'

E-pos Afdruk PDF

'n Satiriese plakkaat van pres. Jacob Zuma en die DA-leier Helen Zille het sosiale netwerke getref.

Zuma en Zille word as twee poppe uitgebeeld wat mekaar passievol omhels.

Dit is die nuutste bespotting van die DA se studenteliggaam Daso se plakkaat-veldtog wat 'n oorlog op sosiale netwerke veroorsaak.

Die plakkaat wat op die komedieprogram ZANews se Facebookblad geplaas is, beeld Zuma en Zille uit waar hulle vol passie in mekaar se oë staar met Zille se een hand om Zuma se nek.

By die plakkaat is die slagspreuk: "In ons toekoms sal jy nie omgee nie."

Dié plakkaat kom nadat die DA-jeugliga 'n plakkaat bekendgestel het waarin 'n swart vrou en wit man mekaar intiem omhels.

Die plakkaat se slagspreuk het gesê: "In ons toekoms sal jy nie twee keer kyk nie."

Sedert die bekendstelling van die veldtog het verskeie satiriese foto's op sosiale netwerke verskyn, insluitend foto's van honde wat katte omhels en wit huishulpe wat vloere skrop.

Zille het op Twitter gesê sy waardeer ZANews se plakkaat.


blog comments powered by Disqus



Verwante artikels: